US-navorser dra by tot wêreldwye navorsingstudie wat bevind het dat 40% van amfibieë uitsterwing in die gesig staar, hoofsaaklik weens klimaatsverandering
- Volgens 'n belangrike artikel wat in die wetenskaplike vaktydskrif, Nature, verskyn het, blyk dit dat klimaatsverandering een van die belangrikste redes vir 'n wêreldwye afname in amfibieë is.
- Professor John Measey van die US se Sentrum vir Indringerbiologie was een van meer as 100 internasionale kundiges wat data en hulle kundigheid tot die navorsingstudie bygedra het.
- Hy was verantwoordelik vir die Suider-Afrikaanse gedeelte van die projek.
- Measey het die volgende te sê:
- “IUCN-assesserings is 'n belangrike aanduiding van die bewaringstatus van ons plaaslike amfibieë, en hierdie assessering dui op 'n voortgesette daling."
- “Hierdie studie dui daarop dat siektebrandpunte onder amfibieë in Sentraal- en Oos-Afrika 'n toenemende bron van kommer vir hulle bewaring op die vasteland is."
- “Die Rooilysindeks dui op die voortgesette afname in die getalle van Afrika-amfibieë, hoofsaaklik weens die verlies aan habitat, maar ook weens onlangse siektes."
Die volledige internasionale persvrystelling kan hieronder gelees word: Climate change emerges as major driver of amphibian declines globally
Kontak
Prof. John Measey
Sentrum vir Indringerbiologie, Universiteit Stellenbosch
E-pos: jmeasey@sun.ac.za