Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Antibioties-weerstandige sepsis eis steeds pasgeborene lewens in Afrika
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 08/08/2023

ʼn Nuwe Europese-Afrika-samewerkingsooreenkoms wat ten doel het om die wyse waarop infeksie in pasgeborenes behandel word, is onlangs van stapel gestuur. Die projek, genaamd SNIP-AFRICA, beoog om pasgeborenes sterftes weens sepsis in hospitale in Afrika te verminder, in die era van toenemende antibioties-weerstandigheid.

SNIP-AFRICA word befonds deur die Europese Unie se Globale Gesondheid EDCTP3-program, en sal ʼn aanpasbare proef doen om die beste medisyne-regimen en -dose te bepaal vir hardnekkige infeksies en sepsis, was die lewens van pasgebore babas in neonatale eenhede in Afrika-lande suid van die Sahara bedreig.

Die Universiteit Stellenbosch (US) sal by die meeste werkspakkette betrokke wees. Professors Adrie Bekker en Eric Decloedt sal die werkgroep lei wat ten doel het om proewe van die farmakokinetika (die studie van die wyse waarop antibiotikum in die liggaam werk) van sepsis in pasgeborene in Afrika te versnel, om sodoende antimikrobiese behandeling te optimaliseer. Die US sal ook kapasiteitsbou-aktiwiteite in Afrika fasiliteer binne die SNIP-AFRICA-konsortium om analitiese kwantifisering van antimikrobiese plasma-konsentrasies te optimaliseer, asook opleiding in farmakometriese modellering (gebruik van die gemete pasgeborene middelvlakke om ʼn wiskundige- en statistiese model te ontwikkel wat die geskikte pasgeborene dose kan voorspel) van die plasma-konsentrasie om dosering te optimaliseer.

Die vavorsingspan aan die US gaan baat by die projek deur R20 miljoen befondsing.

  • Lees die volle verklaring hier . ​​