Kontak:Natasha Coltman
- 021 808 3691
Plek: University Museum, 52 Ryneveld Street, Stellenbosch
Woensdag-kunsrondleidings is 'n inisiatief van die Universiteitsmuseum gerig op opvoeding en die deel van die Museum se kunsversamelings met die publiek. Op 'n Woensdag tydens middagete op die datums hieronder gelys, vertoon die Museum kunswerke uit die permanente versameling van die Universiteit Stellenbosch.
In 2022 ondersoek die Kunsrondleidings Visuele Geletterdheid. Ons kyk hoe visuele persepsie werk en hoe dit ons interpretasie van die wêreld beïnvloed. Die Woensdag-kunsrondleidings is gratis vir lede van die publiek en sal by die Stellenbosch Universiteitsmuseum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch, aangebied word. Bespreking is noodsaaklik – tel. 021 808 3691 of e-pos ncoltman@sun.ac.za.
Die Visuele Geletterdheid‑temas vir 2022 sluit die volgende in:
Datum: Tema:
09 Maart 2022 Visuele Geletterdheid
06 April 2022 Elemente van Waarneming
04 Mei 2022 Die Kunswerk
18 Mei 2022 Museums
08 Junie 2022 Ateljeepraktyk
06 Julie 2022 Estetika
10 Augustus 2022 Kunsgeskiedenis
07 September 2022 Grafiese Ontwerp
09 November 2022 Inligtingsontwerp
Tyd: 13:00-14:00