Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2021 HELTASA Colloquium oor die Nasionale Verlengde Graadprogram (VGP)
Begin: 17/08/2021, 09:00
Einde: 19/08/2021, 15:00
Kontak:Claudia Swart - 0218084502
Plek: Zoom

2021 HELTASA Colloquium oor die Nasionale Verlengde Graadprogram (VGP)

Alle akademici word genooi om te registreer vir die ​2021 HELTASA Colloquium oor die Nasionale Verlengde Graadprogram (VGP).

Die jaarlikse Colloquium oor die Nasionale Verlengde Graadprogram (VGP) wat deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT), die Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Kaapstad aangebied word, sal van 17 tot 19 Augustus 2021 aanlyn plaasvind.

Die tema van vanjaar se konferensie is Bevordering van Akademieskap in VGP. Die colloquium bring dosente, akademiesepersoneelontwikkelaars en steunpersoneel met ʼn belangstelling in die talle grondslag- en verlengdekurrikulumbepalings by die verskillende instellings vir hoër onderwys in Suid-Afrika bymekaar.

Verskillende hoëronderwysinstellings in verskeie provinsies het die afgelope paar jaar jaarlikse VGP-colloquia gereël. Die colloquia is ontwikkel om bespreking onder VGP-praktisyns, administrateurs en akademici te stimuleer oor die temas en verskynsels wat vir hulle van belang is. 

Besoek asseblief die colloquium se webtuiste vir meer inligting: https://ecpcolloquium.co.za/

Navrae: Claudia Swart: claudias2@sun.ac.za