Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn kommunikasie met skop
Begin: 10/07/2024, 10:00
Einde: 09/10/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Hierdie praktiese en interaktiewe aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn eersteklas inleiding tot die verkopetregter (ook bekend as die kopertregter) en die rol wat die verskillende bemarkingskanale kan speel in die verkoopsproses.

Die aanlyn kursus wat in Engels aangebied word, is gemik op diegene vir wie digitale bemarking nuut is en vir tradisionele bemarkers wat daaraan wil werk om doeltreffender aanlyn kommunikasievaardighede te ontwikkel.

In hierdie kursus sal jy –

  • leer hoe belangrik die korrekte taalgebruik is om tot jou teikenmark te spreek
  • ʼn kliënteroete uitwerk vir ʼn sleutelgehoor in jou spesifieke soort onderneming
  • jou kliënteroete in ʼn verkopetregter omskep en begelei word om ʼn gestruktureerde raamwerk hiervoor te skep
  • leer watter kanale van toepassing is om sigbaarheid aanlyn te bewerkstellig
  • leer hoe om voornemende kliënte te lok om met jou onderneming, handelsmerk of produk wisselwerking te hê
  • leer hoe om jou aanlyn gehoor in betalende kliënte of kopers te omskep
  • leer hoe belangrik digitale bemarkingskanale is vir die bou van ʼn volgehoue verhouding met jou kliënte, en
  • beter verstaan watter meetinstrumente die beste is om te gebruik en te volg om jou planne te help rig

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Dit sal eienaars van klein- tot mediumgrootte sakeondernemings toerus met die vaardighede om doeltreffend te kommunikeer en nuwe kliënte te werf deur die verskeie digitale bemarkingskanale wat beskikbaar is, in te span. Tradisionele bemarkers, wat nie voorheen blootstelling aan digitale bemarking gehad het nie, sal insig kry in die oorbrugging tussen tradisionele en digitale bemarking.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Ná die kursus sal jy ʼn raamwerk hê vir jou digitale kommunikasiestrategie wat jy in meer detail vir jou onderneming kan ontwikkel.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, en aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie aanlyn kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

Regstreekse aanlyn sessies
(10 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
21, 28 Augustus, 4, 11, 18 en 25 September​10 Julie tot 9 Oktober10 Julie

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • twee uur per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie
  • ongeveer ses uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 540 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. ​Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.