Die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente nooi kliniese assistente (MMed-kandidate) en hul studieleiers uit om deel te neem aan hierdie nuwe webinaar-reeks wat 'n oorsig bied van noodsaaklike kliniese navorsingskonsepte en -vaardighede. Die tema vir die Mei-webinaar is: Hoe om 'n navorsingsvraag te ontwikkel.