Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Healthy You” program ‘n gesonde sukses!

Die Afdeling Sportwetenskap het onlangs sy eerste “Healthy You” program voltooi, waar US personeel uitgenooi is om aan ‘n 6-weke oefenprogram onder toesig deel te neem. Deelnemers het vier oefensessies per week voltooi, wat onder andere ‘n 30-40 min stap in die berge agter Coetzenburg ingesluit het.

Baie geluk aan almal wat, ten spyte van vol dagboeke, vasgebyt en die program voltooi het. Ons is verheug om te hoor dat julle dit geniet het om saam met ons te oefen en dat julle gemotiveerd is om die momentum tydens die vakansie te behou.

Danksy die positiewe terugvoer, is ons baie bly om aan te kondig dat ons tweede “Healthy You” program in Februarie 2023 sal afskop. Ons sien daarna uit om die nuwe jaar saam met julle op ‘n gesonde noot af te skop. Besonderhede sal vroeg in Januarie gepubliseer word.​