Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Personeelgids vir steun aan studente met Geestesgesondheidsprobleme

Personeel, tutors en mentors is in 'n goeie posisie om vroeë gevaartekens raak te sien, veral in kleiner klasgroepe. Bitter min geestesongesteldhede van ernstige aard word deur veel waarskuwing voorafgegaan, hoewel dit soms slegs 'n paar dae voortduur.

Hierdie Personeelgids vir Steun aan Studente met Geestesgesondheidsprobleme is een van 'n aantal inisiatiewe aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat ten doel het om 'n kampusomgewing te kweek wat geestelike welsyn bevorder. Personeel wat al jare lank in die voorste linies van studentesorg staan, sal bekend wees met die meeste van hierdie inhoud, maar talle personeellede kry selde met sulke kwessies te doen. Hierdie Gids is in die eerste instansie vir hulle bedoel.

Oogmerke van hierdie Gids:

 

  • Skep bewustheid onder personeel oor die reeks ervarings, soorte gedrag en kenmerke wat daarop mag dui dat 'n student geestesgesondheidsprobleme het.
  • Bied 'n stapsgewyse gids waarvolgens personeel in sulke situasies kan reageer, veral in 'n krisis.
  • Verskaf hulpbronne vir verdere raad, inligting en steun aan personeel en studente.

    Die koördinering van en toesig oor studentewelsyn binne die Universiteit is die verantwoordelikheid van die Afdeling Studentesake (ASS), waarbinne die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) gesetel is. Die SSVO bestaan uit vyf eenhede – Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste, Akademiese Voorligting en Ontwikkeling, Graduandi-loopbaandienste, Gestremdhede, en Gelykwaardigheid. Elke eenheid verskaf gespesialiseerde steun en dienste. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid verskaf bykomende steun aan personeel, terwyl die ander eenhede dienste aan studente lewer.

     

    Klik hier om die Personeelgids vir Steun aan Studente met Geestesgesondheidsprobleme af te laai.

    As jy verdere ondersteuning benodig, kontak die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling by supportus@sun.ac.za of 021 808 4707. Ons 24-uur nooddiens, in samewerking met ER24, is beskikbaar by 010 205 3032.
     
    Versprei asseblief hierdie inligting in die Fakulteit en Afdeling.

     Ons verwelkom terugvoer oor hierdie gids. Laat weet ons as daar 'n behoefte is aan addisionele hulpbronne in die Gids, deur dr Munita Dunn-Coetzee te kontak by mdunn@sun.ac.za