Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Masebelane Beginner A1
Begin: 15/07/2025, 12:00
Einde: 03/09/2025, 12:00
Kontak:Ms Bongiwe Dlutu - 021 808 2905
Plek: Kleine Bosch, 44 Banghoek Rd, Stellenbosch Campus

Wat is die kursusdoelwitte?

Hierdie kursus sal deelnemers in staat stel om Xhosa op 'n basiese en funksionele wyse op die kampus te gebruik. Hulle sal 'n basiese Xhosa-woordeskat aanleer vir gebruik in kampusverwante kommunikasie, met spesifieke klem op praat, luister en lees. As deel van die breër universiteitskonteks sal hulle ook insig verkry in die kulturele waarde van meertaligheid. Hierdie kursus is prakties en interaktief, en kampusverwante scenario's word ingesluit om die gebruik van outentieke taal aan te moedig.

Wie moet dit bywoon?
Hierdie kursus word aangebied aan personeel van die Universiteit Stellenbosch. Nie-moedertaalsprekers van Xhosa wat basiese Xhosa wil aanleer om met kollegas en studente te kan kommunikeer, word uitgenooi om vir hierdie kursus te registreer.

Is daar enige vereistes?
Toegang tot die internet, Wi-Fi of mobiele data is noodsaaklik.

Hoe word hierdie kursus aangebied?
Die kursus sal oor 'n tydperk van 8 weke aangebied word deur middel van aangesig-tot-aangesig sessies en selfgerigte leer (take en aktiwiteite). Die sessies sal interaktief wees, en die fasiliteerder sal met alle deelnemers skakel. Die fasiliteerder sal hierdie sessies gebruik om die inhoud aan te bied en deelnemers te ondersteun terwyl hulle klasaktiwiteite voltooi om hul kennis toe te pas. Die kursus voorsien deelnemers van 'n basiese woordeskat om op kampus en in die gemeenskap te gebruik. Die primêre onderrigtaal vir hierdie kursus is Engels, met af en toe oorskakeling na Xhosa vir leerdoeleindes.

Bywoning?
Hierdie is ’n bywoningskursus; deelnemers mag slegs 2 sessies oor die 8 weke mis. Indien meer sessies nie bygewoon word nie,  sal deelnemers nie ’n sertifikaat ontvang nie.

Van aangesig tot aangesig kontaktyd  = 16 ure (2 ure per week vir 8 weke)

Selfgerigte leer = 12 ure (1 uur per week se selfstandige leer)

 

Week 1Week 2Week 3Week 4
Inleiding en groetvorms
Persoonlike besonderhedeDie weerDae van die week
Maande van die jaar
Week 5Week 6Week 7Week 8
Bestel iets om te eet en drinkBy die vulstasieBy die klerewinkelHersiening en
m​ondelinge assessering

 

Wat is die uitkomste van die kursus?
Aan die einde van die kursus sal deelnemers in staat wees om:

  • ​Te groet en hulself voor te stel
  • Basiese persoonlike inligting te gee
  • Basiese vrae te vra en te beantwoord
  • Basiese gesprekke met isiXhosa-sprekendes te voer
  • Sosiaal te kommunikeer op 'n basiese vlak
  • Basiese woordeskat te gebruik wat met alledaagse lewe verband hou

'n Sertifikaat van bevoegdheid sal slegs toegeken word aan deelnemers wat die kursus suksesvol voltooi. Deelnemers moet hulself verbind tot hierdie geakkrediteerde kortkursus deur die volle duur daarvan by te woon.


Wanneer vind die kursus plaas?

2025 kortkursus-datumsRegistrasie en betaling sperdatums 
15 Julie – 3 September 20257 Julie 2025Kleine Bosch, Banghoekstraat 44, Stellenbosch Kampus
16 September – 5 November 20259 SeptemberKleine Bosch, Banghoekstraat 44, Stellenbosch Kampus

 

Wat kos die kursus?
Die kursus is tans GRATIS, omdat daar DHOO-befondsing beskikbaar is.
Die normale koste van die kursus is R3 688 per deelnemer.  

Verdere vrae?

Vir meer inligting, kontak Me Bongiwe Dlutu by bdlutu@sun.ac.za of 021 808 2905.