Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid-Afrikaanse Gebaretaal – Elementêrevlak A2
Begin: 09/09/2025, 14:00
Einde: 09/10/2025, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?
 Hierdie dinamiese kursus nooi jou dieper in die wêreld van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) in. Die SASL A2-kursus bou voort op die grondslag wat in die A1-kursus gevestig is en bied verdere insig in die taal- en kultuurnorme van SASL en die Dowe gemeenskap. In hierdie kursus gaan ons die grammatika van SASL meer in diepte verken.

Jy sal die taal inoefen deur middel van ons aanlyn videomateriaal en in pare of klein groepe werk. Sekere sessies sal met behulp van SASL-tolking gefasiliteer word, en die kursusmateriaal is in Engels beskikbaar.

Teen die einde van hierdie tienweekkursus behoort jy in staat te wees om:

  • deel te neem aan kort gesprekke in SASL oor bekende onderwerpe
  • gepaste gebare, gesigsuitdrukkings en lyftaal te gebruik om betekenis oor te dra
  • basiese vrae en stellings in SASL te verstaan en daarop te reageer
  • die eenhandvingerspelling-alfabet akkuraat te kan gebruik en herken, vingerspelwoorde korrek te kan vorm en verstaan, en vingerspelling in te kan span om name, plekke en ander spesifieke terme te verduidelik
  • 'n begrip van die kulturele en taalkundige aspekte van die Dowe gemeenskap te toon, respek vir Dowe kultuur en norme te hê, en die belang van SASL in die Dowe gemeenskap te verstaan
  • SASL in alledaagse situasies en eenvoudige interaksies toe te kan pas, en dit te kan gebruik om in kontekste soos inkopies doen, rigting vra en daaglikse roetines bespreek, te kommunikeer.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?
Indien jy meer van Suid-Afrikaanse Gebaretaal wil leer en jy klaar ʼn beginnersagtergrond van die taal het, is hierdie kursus ideaal vir jou! Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die kontaksessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?
Die suksesvolle voltooiing van die SASL-beginnersvlak A1-kursus is 'n voorvereiste vir deelname aan hierdie kursus. As jy 'n beginnerskursus elders voltooi het, sal jy 'n mondelinge assessering moet deurgaan voordat ons jou kan plaas.

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare internetblaaier benodig wat ons aanlyn platform (SUNOnline) kan hanteer. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?
Ons kursusse kombineer kontaksessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.
Kursusse open voordat die eerste kontaksessie plaasvind en sluit lank ná die laaste kontaksessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die kontaksessie plaasvind.

Die 10 kontaksessies vind plaas van 14:00 tot 16:00 in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op die volgende datums:

 Kontakdae
(14:00 tot 16:00)
Duur van die kursus
(openings- en sluitingsdatums)
Skryf in voor
Kursus 1:9, 11, 16, 18, 23, 25, 30 September, 2, 7, 9 Oktober19 Augustus - 23 Oktober19 August

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg bestee:

  • een kontaksessie per week van twee uur elk
  • ongeveer ses uur per week vir leeswerk, of om take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

 Wat kos dit?
 Die kortkursusfooi is R6 900 per deelnemer wat kursusmateriaal, assesserings, kontaksessies met jou aanbieder en ligte verversings insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer die minimum kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.
Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.
 
Enige verdere vrae?
Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​