Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Openbare lesing: Harnessing photons: establishing Africa’s first quantum satellite link
Begin: 14/05/2025, 17:30
Einde: 14/05/2025, 19:00
Kontak:Eugene Fouche -
Plek: Merensky Building

​Die Stellenbosch Laser Studente tak van die  International Society for Optics and Photonics (SPIE) en OPTICA nooi jou vriendelik uit om die Internasioale Dag van Lig te vier met 'n openbare lesing deur Dr Yaseera Ismail met die titel “Harnessing photons: establishing Africa's first quantum satellite link".

Klik hier om te registreer.

Meer oor Dr Ismail

Dr Yaseera Ismail is tans 'n senior dosent in Universiteit Stellenbosch se Departement Fisika. Sy spesialiseer in die ontwikkeling van quantum tegnologie, spesifiek op die gebied van kwantuminligtingswetenskap. Sy is 'n eksperimentele fisikus wat kwantum optiese instrumente ontwikkel vir die bevordering van vrye-ruimtelike, langafstand veilige kwantumkommunikasie. Sy werk saam met haar eweknieë in China en Rusland om 'n Kwantum Satelliet- en Veselkommunikasie (QuSAF) netwerk in Suid-Afrika te vestig.  

In 2016 het sy die TechWomen Emerging Leader toekenning ontvang en in 2018 is sy aangewys as 'n Optica ambassadeurr. Sy dien op die redaksie van Scientific Reports Journal en is Optica se vise-president op die Internasionale Kommissie vir Optika. In 2023 was sy voorsitter van die komitee vir die Theodor W. Hänsch Prys in Kwantumoptika en is betrokke by internasionale inisiatiewe om optika in Afrika te bevorder.