Kontak:Jacolette Kloppers
-
Plek: L'Avenir Wine Estate, Klapmuts Road R44
Werkswinkels skakel US-waardes oor in aksie en dade
Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Om te kan sê wat ons waardes is, is eenvoudig, maar om dit tydens ons daaglikse aktiwiteite in aksies te omskep, kan soms meer ingewikkeld wees. Daarom moet die US se waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, by mekaar aansluiting vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer.
Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is daarop gemik om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik. Hierdie werkswinkels is insiggewend, ervaringsgerig en prakties.
Temas en vaardighede
Die werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur.
Die volgende temas word bespreek:
• Die betekenis van waardes;
• Waardebotsings en hoe om dit op te los;
• Hoe om waardes in ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind, te integreer; en
• Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk.
Formaat
• Die program word op of naby die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse aangebied as ’n voldag-werkswinkel bestaande uit vier werksessies.
• Gegewe die persoonlike en interpersoonlike aard van die leerervaring, word die werkswinkel vir groepe van 10-20 deelnemers aangebied.
• Met die inagneming van kostedoeltreffendheid, kan werkswinkels ongelukkig nie vir groepe minder as 10 aangebied word nie. Indien minder as 10 mense vir ’n spesifieke datum registreer, sal hulle die kans kry om ’n ander datum te kies.
Uitnodiging
US-personeel van al die kampusse word hiermee hartlik uitgenooi om een van die werkswinkels by te woon. Werkswinkels is beskikbaar vir alle personeel – geleentheid word dus ook geskep vir interaksie tussen uiteenlopende individue in verskeie omgewings.
Datums vir 2025 – Eerste semester
• Woensdag 7 Mei – L'Avenir-wynlandgoed, Klapmutsweg R44
• Donderdag 8 Mei – BMRI-gebou, Tygerberg-kampus
• Donderdag 5 Junie – BMRI-gebou, Tygerberg-kampus
• Woensdag 11 Junie – Biblioteek by STIAS, Stellenbosch-kampus
• Donderdag 12 Junie – Biblioteek by STIAS, Stellenbosch-kampus
Koste
Die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika dra die koste van die werkswinkels. Indien deelnemers ná die bevestigingsdatum kanselleer, sal die koste vir hulle rekening wees.
RSVP
Stuur asseblief ’n e-pos aan Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za teen minstens tien dae voor die betrokke datum en dui ook enige dieetvoorkeure aan.
Werkswinkels duur van 08:00 tot 16:30 en middagete en verversings word verskaf. Meer besonderhede word aan deelnemers gestuur.
Meer inligting