Kontak:Division for Research Development, Postgraduate Office
-
Plek: The course spans over four weeks in a hybrid format
US Opleidingskursus vir Akademiese Studieleiers
Raak ʼn meer bedrewe studieleier vir nagraadse navorsing
Beskrywing:
Hierdie hibridiese institusionele kursus, geborg en aangebied deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO), is spesifiek pasgemaak vir akademiese studieleiers van nagraadse studente aan die Universiteit Stellenbosch. Deelnemers word deur die hele navorsingstudieleidingsreis geneem. Die volgende onderwerpe word gedek:
- Besluitneming met studentekeuring
- Studieleidingbenaderings, -rolle en -modelle
- Die rol van die studieleier in die rig van die skryfproses
- Hoe om terugvoer te lewer
- Die stel van grense
- Tredhou met vordering
- Die eksamineringsproses
Die kursus beklemtoon praktiese vaardighede eerder as opvoedkundige teorieë en verleen erkenning aan studieleiers en studente as individue met diverse en besige lewens.
Teikengehoor:
Personeellede wat vir nagraadse studieleiding aan die Universiteit Stellenbosch verantwoordelik is, kan gerus aansoek doen.
Kursusformaat:
Die kursus (in hibridiese formaat) strek oor vier weke en bestaan uit:
- Twee kontaksessies van twee uur elk wat op die Stellenboschkampus aangebied word (op die eerste en die laaste dag van die kursus).
- Weeklikse uurlange interaktiewe aanlyn besprekings via Microsoft Teams, gewoonlik op Maandae en Vrydae van 13:00 tot 14:00.
- Daar word van deelnemers verwag om elke week asinchronies met aanlyn materiaal om te gaan om vir die interaktiewe aanlyn sessies voor te berei.
Kursusassessering:
Om die kursus suksesvol af te handel, sal deelnemers ʼn reflektiewe opdrag ná afloop van die opleiding indien.
Koste:
Die kursus word deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling geborg. Slegs personeel en nagraadse genote van die Universiteit Stellenbosch wat by studieleiding betrokke is, mag hierdie kursus bywoon.
Datum:
28 Oktober 2024 – 25 November 2024
Registreer vir die kursus: https://forms.office.com/r/KMTfKd8D22.
Vir navrae, stuur gerus ʼn e-pos aan die span van die Nagraadse Kantoor se Vaardigheidsontwikkelingprogram by pgskills@sun.ac.za. Hierdie kursus val onder die Afdeling Navorsingsontwikkeling.
Raadpleeg die ANO se webwerf vir meer inligting oor hulle navorseropleiding: www.sun.ac.za/research.