Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
3de Afrika Mikrobioom Simposium
Begin: 20/11/2024, 08:00
Einde: 22/11/2024, 17:00
Kontak:Hanri Lennox (Consultus) - +27212057382
Plek: Biomedical Research Institute, FMHS, SU

​Die Afrika Mikrobioom Instituut se 3de Werkswinkel en Simposium word op 20 – 22 November 2024 by die Biomediese Navorsingsinstituut op Tygerbergkampus van die Universiteit Stellenbosch gehou. Die simposium, wat op die 21ste en 22ste plaasvind, word met trots deur die Afrika Mikrobioom Instituut (AMI) aangebied, terwyl die ontledingswerkswinkel op die 20ste deur Separations aangebied sal word.
Die 3de AMI simposium sal 'n geleentheid wees om navorsing ten toon te stel wat mikrobioomstudies verder as beskrywende analise neem en die translasie​- en funksionele aspekte ondersoek. Oorwegings vir ras, etiek en inheemse kennisstelsels in mikrobioomstudies sal ook uitgelig word.
Die simposium sal internasionaal bekende hoof- en genooide sprekers, asook ​​verskeie navorsingspraatjies, plakkaatsessies en netwerkgeleenthede bevat.
Ons hoop u sal by ons aansluit vir 'n uitsonderlike vergadering!
Stuur jou opsomming en registreer now by https://consultus.eventsair.com/amisymposium/.​