Hierdie is 'n inleidende kursus en is gemik op enige iemand wat 'n belang het in Intellektuelegoederereg (IG) en Mededingingsreg. Dit sal ook handel oor die basiese beginsels van Ongeregverdigde Verrykingsreg en geselekteerde onderwerpe in Kontraktereg.
Die kortkursus word aangebied deur die Anton Mostert-leerstoel vir IG-reg (Universiteit Stellenbosch), personeel van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch en vooraanstaande regspraktisyns.
Hierdie sertifikaatprogram is geakkrediteer deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling: Kortkursusse.
Die kortkursus is voorheen in Namibië aangebied, en 'n IG-spesifieke kortkursus word die afgelope 13 jaar in Suid-Afrika aangebied.
Die kursus word op 'n toeganklike en deelnemende wyse aangebied. Bywoners sal afskrifte van al die skyfie-aanbiedings ontvang.
Toelatingsvereistes: GEEN
Eksamenvereistes: GEEN
Akkreditasie: Universiteit Stellenbosch
Koste: R9 000 per persoon (daaglikse tee en middagete ingesluit)
Tydsduur: 3 dae (08:30 tot 16:00)
Slegs digitale sertifikate sal uitgereik word.
Registreer HIER.
Meer inligting: Anton Mostert Chair of Intellectual Property Law