Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis. |
Data visualisering beginsels Hierdie werkswinkel sal die sleutelbeginsels dek om in gedagte te hou wanneer jy jou visualiserings beplan, van die keuse van die beste visualiseringstipe vir jou data tot die effektiewe gebruik van kleur, narratief, ens. Datum: Dinsdag, 3 September Tyd: 14:00 – 15:30 Bespreek hier |
Oorsig van sagteware vir effektiewe data analise en visualisering 'n Oorsig van gratis sagteware vir data-analise en datavisualisering sal aangebied word. Hierdie programme is nuttig vir statistiese ontleding, visualisering, kartering, datasuiwering en die digitale geesteswetenskappe. Datum: Donderdag, 5 September Tyd: 14:00 – 16:00 Bespreek hier |
EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. Datum: Woensdag, 18 September Tyd: 11:00 – 13:00 Bespreek hier |
Inleiding tot data visualisering met Tableau Desktop en Flourish Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende kursus wees om jou data deur middel van Tableau Desktop en Flourish te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik. Datum: Donderdag, 19 September Tyd: 14:00 – 16:00 Bespreek hier |
Inleiding tot Microsoft Power BI Die werkswinkel is 'n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening. Deelneemers sal die volgende leer: - Hoe om die toepassing af te laai en aan MS Excel te koppel
- Hoe om data maklik te begin visualiseer met 'n uitgebreide databasis van beskibare data visualiserings.
- Hoe om verslae te bou
Datum: Woensdag, 25 September Tyd: 14:00 – 16:00 Bespreek hier |
Tableau vir Intermediêre Gebruikers Hierdie middel-vlak werkswinkel sal fokus op vaardighede vir die analise van visuele data deur die gebruik van die Tableau Desktop sagteware. Tableau word as 'n vooraanstaande sagteware pakket vir sake-intelligensie. Dit word ook baie wyd gebruik in universiteite deur akademiese personeel vir onderrig en leer. Date: Donderdag, 26 September Tyd: 11:00 – 13:00 Register Here |
'n Oorsig van SUNScholarData – die US Institusionele Navorsingsdatabewaarplek Meeste befondsers maak die deponering van data verpligtend, wanneer dit deel is van die navorsingsproses wat deur hul befonds word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig gee van navorsingsdatabewaarplekke en demonstreer die wyse waarop die US se Institusionele Navorsings-databewaarplek funksioneer. Datum: Donderdag, 26 September Tyd: 14:00 – 16:00 Bespreek hier
|