Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inleiding tot Datawetenskap met Python
Begin: 18/02/2025, 12:00
Einde: 30/04/2025, 13:00
Kontak:Latashe Poole -
Plek: Online


'n Belangrike element van hierdie kursus is om deelnemers in staat te stel om die wye verskeidenheid vrylik beskikbare hulpbronne te gebruik om op hierdie fondament voort te bou. Die kursus is gemik op individue met 'n universiteitsvlakgraad wat die basiese beginsels van kodering wil aanleer. Gedurende die kursus kyk deelnemers aanlynvideo's en woon aanlyn kontaksessies by. Deelnemers sal ʼn opdrag gebaseer moet voltooi gebaseer op die kursusmateriaal.

 

Wat kos die kursus?

Die kursusfooi is R7150, wat die aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit. Let asseblief daarop dat alle kursusgelde betaalbaar is voor die kursus begin.

Stel jy belang?

Indien jy belangstel om hierdie kursus te doen, stuur asseblief 'n e-pos aan dataschool@sun.ac.za. Ons sal vir jou 'n skakel stuur om aansoek te doen vir die kortkursus.