Kontak:Elizna Huysamen
- 021 808 3244
Plek: Van der Sterr building, 2nd Floor, Room 2048
R se eksamenpakket word algemeen gebruik vir die outomatiese generering van assesserings en die toepassing daarvan in leer-bestuurstelsels (LBS). Wiskundige statistiek assesseringsvrae vereis wiskundeberekening. Die doel van hierdie projek was om outomaties-gegenereerde wiskundige statistiek assesseringsvrae te ontwikkel, vir toepassing in LBS, wat volledige oplossings vir alle ewekansige weergawes van 'n vraag insluit.
Bestaande funksionaliteit in R se eksamen-, MASS- en rSymPy-pakkette is gekombineer met nuwe R-funksies. Sweave source files is geskryf, sodat verskillende weergawes van elke vraag in die LBS gebruik kan word.
Hierdie aanlyn assesserings het die dosent se ervaring van wiskundige statistiek onderrig getransformeer, en is ook minder arbeidsintensief. Studente se antwoorde in 'n terugvoeropname oor hierdie aanlyn assesserings was positief.