Begin Augustus met ’n middaguurseminaar by die Departement Afrikaans en Nederlands. Dr Chan Croeser bied ’n queer lesing van CJ Langenhoven se werk aan. Dr Croeser is tans ’n Consolidoc-genoot aan die Universiteit Stellenbosch en het in 2023 ’n PhD in Vergelykende Letterkunde onder die studieleiding van proff. Louise Viljoen en Catherine du Toit voltooi.
Die lesing sal in Lettere 693 en op Teams plaasvind. Dit begin om 13:10 en eindig om 14:00.
Kontak me. Willemien Engelbrecht by wae@sun.ac.za om jou plek te bespreek of die Teams-skakel te kry.