Goeie nuus vir personeel wat Xhosa wil begin leer. Xhosa-kursusse vir personeel sal gedurende 2024 gesubsidieer word, wat beteken dat personeel die Masabelane A1-kursus wat die Taalsentrum gedurende die middaguur aanbied, gratis kan bywoon. Die volgende kursus begin 16 Julie. Daar is beperkte plek – registreer nou!
Stuur ’n e-pos aan Stembele Johnson by ssjohnson@sun.ac.za om te registreer, of klik hier om meer te leer oor die kursus.