Die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRSES) aan die Universiteit Stellenbosch stel graag sy innoverende Suid-Afrikaanse Energievisualiseringsplatform bekend. Die platform bied interessante visuele voorstellings van Suid-Afrikaanse energiedata en word gereeld bygewerk om jou insig in die huidige stand van die energiesektor te bied.
Die visualiserings word met behulp van openbare data geskep en is dus gratis beskikbaar om na eie goeddunke af te laai en verder te gebruik. Klik op enige van die figure vir die volgroottebeeld, of laai die PDF met ál die figure af.
Klik hier om nou die platform te verken!