Kontak:Rene Kotze
-
Plek: Neelsie Cinema and Online
Hierdie praatjie fokus op Fourier-approksimasie, met spesifieke toepassing op die gebied van nielineêre tydafhanklike GDV's. In die geval van periodieke grenstoestande is die Fourier- spektrale metode, gekombineer met ʼn geskikte tydintegreerder, ʼn baie akkurate metode vir die oplos van sodanige GDV's. Wanneer dit na rasionale vorm omgeset word, kan die nut daarvan na meer uitdagende situasies, soos die verwydering van ossilasies naby skokke, of analitiese voortsetting tot op die komplekse vlak vir die studie van singulariteitsdinamika, uitgebrei word. Verskeie voorbeelde waarby GDV's betrokke is, soos die Burgers- en Korteweg-de Vries-vergelykings, sal voorgelê word.
Meer besonderhede: https://bit.ly/3UTJjYC