Kontak:Kirchner Van Deventer
- 0218082623
Plek: Stellenbosch University Library
Twee van die laaste #SmartResearcher werkswinkels hierdie semester handel oor publisering van jou navorsing en oor hoe om jou navorsingsimpak te verbeter. Hierdie twee onderwerpe sluit goed by mekaar aan en ons wil graag nagraadse studente en navorsers aanmoedig om hierdie twee werkswinkels by te woon. Dit word in hibriede formaat aangebied en indien jy nie kan bywoon nie, registreer gerus om die opname te ontvang.
· Verbeter jou navorsingsimpak
Donderdag 23 Mei, 11:00-13:00
Hierdie werkswinkel sal demonstreer hoe jy jou impak as ‘n navorser kan verbeter en sal bestaan uit twee sessies: “Verhoog die sigbaarheid van jou navorsing” en “Hou rekord van jou impak”. Die eerste sessie sal wys hoe jy jou navorsing kan bekendstel op verskillende platforms en gedurende die tweede sessie sal al die verskillende hulpmiddele en databasisse waar jy rekord kan hou van jou navorsingimpak, gedemonstreer word, byvoorbeeld Altmetric, Scopus, SciVal, scite, Dimensions en Web of Science.
· Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing
Dinsdag 28 Mei, 10:00-13:00
Tydens hierdie werkswinkel word belangrike faktore uitgewys wat jou kan help om te besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur hierdie besluite te neem kan leserskap bevorder word, meer sitasies kan ontvang word, en dit kan ook help om te verseker dat jy subsidie vir jou werk ontvang.