Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Walter Parry Gedenklesing
Begin: 22/05/2024, 18:00
Einde: 22/05/2024, 20:00
Kontak:Wiida Basson -
Plek: Hall Alpha (0067), Merensky Building

Die Lückhoff Alumni en die Universiteit Stellenbosch se Afdeling vir Sosiale Impak en Departement Fisika nooi jou uit na die eerste Walter Parry Gedenklesing: 

​"Walter Parry: 'n Legende van Lückhoff Hoërskool"

RSVP: Klik hier om te registreer

WIE WAS WALTER PARRY?

Mnr. Parry het in 1932 'n Baccalaureus graad in Natuurwetenskappe van die Universiteit van Kaapstad verwerf, gevolg deur 'n Meestersgraad in Fisika (cum laude) in 1934. Die nalatenskap van Walter Hazel Parry is al deur verskeie generasies van gemeenskappe in Kaapstad, Gqeberha, en Stellenbosch gedeel. Fisika was altyd sy eerste liefde en hy het gehoop om 'n kernfisikus te word. Maar met die Britse koloniale tydperk wat in Suid-Afrika tot 'n einde gekom het en die donker apartheidswolke wat op die horison verskyn het, kon hy ongelukkig nooit sy droom verwesenlik nie. Parry was genoodsaak om 'n loopbaan as wiskunde-onderwyser te volg.

Parry se briljantheid as wiskunde onderwyser was bekend onder sy portuurgroep, kollegas en leerders by die ou Hoërskool Lückhoff. Parry het uit 'n nederige omgewing gekom. Hy het van 1913 tot 1930 in Distrik Ses grootgeword, waar hy menige met sy liefde en passie vir wetenskap en wiskunde geraak het.

Gerugte het ook die rondte gedoen dat hy in die geheim saam met Professor Piet Zeeman, die Universiteit Stellenbosch se departementshoof van Fisika, gewerk het aan projekte vir eksperimente wat beplan is vir die Suidelike Universiteite se Instituut vir Kernkrag (Southern Universities Nuclear Institute).

Hierdie gedenklesing sal lig werp op Walter Parry se persoonlike lewe en sy onderwysloopbaan. Die tweede deel van die lesing sal die wetenskap van Parry se era verken en hoe dit hom sou inspireer het.     

PROGRAM

18:00-18:05

Verwelkoming

Mnr Chris Jooste, Hoof: Lückhoff Hoërskool

18:05-18:10

Herstellende geregtigheid by die US

Reneé Hector-Koopman, Adjunk-Direkteur: Sosiale Impak Afdeling

18:10-18:15

Meer oor die Lückhoff Alumni

Mnr Stanly Amos, voorsitter

18:15-18:25

Wie was Walter Parry?

Mnr Brian Pool, voormalige skoolhoof van Lückhoff Hoërskool en kollega​​

18:25-18:55

Die wetenskap van Parry se era

Prof. Shaun Wyngaardt, Hoof: Departement Fisika en Lückhoff alumnus

18:55-19:00Beweeg na laboratorium​
19:00-19:10Onthulling van Walter Parry installasie
Me Elizabeth Vergotine, dogter
 
19:10-20:00Kom geniet ligte verversings en interaktiewe fisika eksperimente saam met ons.

MEER OOR DIE SPREKERS

Mnr Stanly Amos

Stanley Amos.jpg

Stanley Amos is in 1950 in Idasvallei Stellenbosch gebore en het van 1963 tot 1967 by Hoërskool Lückhoff in Banghoekweg skoolgegaan. In 1968 het hy as klerk by die  Rembrandt Groep begin, maar in 1970 bedank om met  'n vakleerlingskap in boukonstruksie te begin. Met die voltooiing van sy vakleerlingskap in 1974, het hy by Old Mutual aangesluit waar hy oor die jare verskeie toekennings ontvang het vir bemarking, bestuur, en verkope. Hy was 'n stigterslid van LUASA Boland, voorloper van die teenswoordige “CFP" (Gesertifiseerde Finansiële Beplanner) se Raad van Standaarde. By drie geleenthede het hy die International Quality Award van LIMRA in die VSA ontvang. In 1997 en 1998 het hy Old Mutual se streekstoekenning ontvang  vir testamente en trusts. In 1999 is Stanley na Old Mutual se hoofkantoor gestuur as lid van die McKinsey-span om te help met die ontbondeling van die maatskappy. In 2003 is hy as Streeksbestuurder: Groepskemas vir Kaapstad tot Middelburg (Kaap) aangestel. Sy opleiding het beleggingsbeplanning, besigheidsversekering, en boedel- en aftreebeplanning ingesluit. In 1995 het hy die Old Mutual Merietetoekenning (goud) ontvang vir die ontwikkeling en opleiding van personeel.  Nadat hy op 55 as streeksbestuurder by Old Mutual afgetree het, het hy in 2021 die Hoërskool Lückhoff Alumnibond gestig nadat hy die boek: Universiteit van die Vlakte, geskryf het met die doel om Hoërskool Lückhoff te help en op te hef.


Me Reneé Hector-Kannemeyer

Renee Hector-Kannemeyer.jpg

Reneé het 'n meestersgraad in sosiale ontwikkeling aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) verwerf met haar tesis getiteld: “Current Manifestations of Trauma by Forced Removals, Interviews with a Former Vlakte Inhabitant". Sy het ook honneursgrade in onderskeidelik Sielkunde en Geografie van die UWK, asook 'n diploma in Projekbestuur en sy is 'n gesertifiseerde uitvoerende en bestuursafrigter. Reneé was die agelope vyf-en twintig jaar aktief betrokke in die veld van sosiale ontwikkeling. Sy het verskeie lesings  genesing en transformasie aangebied, herstellende geregtigheid, restitusie, studentgedrewe sosiale impak, sosiale identiteit, en jeugontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks. Sy is tans adjunk-direkteur in die afdeling: Sosiale Impak waar sy verantwoordelik is vir werk oor visuele regstelling as restitusie, waar sy fokus op die Hoërskool  Lückhoff se terugkeer na sy status as gemeenskapsbate. Sy is ook 'n PhD-kandidaat in die Departement Sielkunde waar sy haar toespit op institusionele kultuur.

 

Mnr Brian Pool

Brian Pool.jpg

Brian Charles Pool is in 1937 in Stellenbosch gebore, waar hy Rhenish Primêre Skool en Lückhoff Hoërskool in Banhoek Straat bygewoon het. Mnr. Walter Parry was sy wiskunde onderwyser vanaf Standard 8 tot 10. Nadat hy matriek voltooi het in 1954, het hy 'n BSc en BEd graad, sowel as a Senior Onderwysdiploma, by die Universiteit van Kaapstad verwerf. Gedurende Brian se onderwysloopbaan vanaf 1966 to 1977 het hy klasgegee in Biologie en Fisiese Wetenskappe. As deel van sy administratiewe verpligtinge by Lückhoff Hoërskool het hy onder meer die posisies van departementshoof, adjunk skoolhoof en skoolhoof bekleë. Vanaf 1978 tot 1993 het hy gedien as Inspekteur van Onderwys in verskeie streke in die Kaapse Peninsula, Hoof Inspekteur van Onderwys in Belville en by die Hoofkantoor in Kaapstad as Direkteur van Onderwys vir personeel (onderrig), evaluasie, en diensvoorwaardes.​  

Prof. Shaun Wyngaardt

Shaun Wyngaardt.jpg
Professor Shaun Wyngaardt is hoof van die Departement Fisika by die Universiteit Stellenbosch. Hy het 'n PhD in kernfisika van die US. Na afloop van sy nadoktorale genootskap by die  Institut für Kernphysik (IKP) by die Jülich Research Centre in Duitsland, het hy akademiese poste in fisika beklee by die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Kaapstad, voordat hy na die US teruggekeer het. Shaun was hoof van die afdeling vir kern-, stralings-, en gesondheidsfisika-navorsing in die department totdat hy in 2023 hoof van die departement geword het. As boorling van Stellenbosch en 'n alumnus van Hoërskool Lückhoff, het Shaun dikwels sy ouers en familie se stories oor die legendariese Walter Parry gehoor.

 

Foto van Walter Parry afkomstig uit: Heyns, Jackie. 4 Desember 1966. The District Six nuclear genius that never was". In: Drum Post, 4 Desember 1966, p3 - BAHA Archive