Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons Heelal, die Rolprent! (Op ʼn ware verhaal gebaseer)
Begin: 27/05/2024, 16:00
Einde: 27/05/2024, 17:00
Kontak:Rene Kotze -
Plek: Neelsie Cinema and Online

​Die vraag na ons kosmiese oorsprong is so oud soos die mensdom. Deesdae probeer numeriese kosmoloë hierdie vraag beantwoord deur die heelal op ʼn rekenaar te simuleer, wat ons in staat stel om numeriese eksperimente uit te voer om die invoerfisika te toets, waarnemings deur ons jongste teleskope te vertolk en ʼn holistiese raamwerk vir die begrip van die evolusie van ons heelal, van die Groot Knal tot op die hede, te ontwikkel. Die skep van sulke wetenskaplik gemotiveerde rolprente van ons heelal se evolusie is ʼn gebied wat nuwe vlakke van volwassenheid binne die afgelope dekade bereik het, sodat ons nou die pragtige diversiteit van voorwerpe wat van die vroegste kosmiese tydvakke tot op hede gesien is, kan simuleer. Dit het ʼn omwenteling teweeg gebring in ons begrip van hoe sterrestelsels soos ons eie Melkweg groei en evolueer, gereguleer deur ʼn komplekse wisselwerking tussen die donker materie wat die kosmiese web uitmaak, die vorming van sterre wat in supernovas verander en kragtige winde aandryf, en supermassiewe swart gate wat ʼn deurlopende uitruiling van materie en energie binne grootskaalse kosmiese ekostelsels aandryf. In hierdie praatjie sal ek die motivering, bestanddele en metodologieë verduidelik wat in die simulasie van die vorming en evolusie van sterrestelsels gebruik word en enkele van die fassinerende en onverwagte ontluikende verskynsels uitlig wat spruit uit al die tersaaklike wetenskap wat ons ken in ʼn rekenaar invoer. Laastens sal ek die rol noem wat radiowaarnemings, soos dié van Suid-Afrika se MeerKAT-radioteleskoop (een van die beste in die wêreld), in die opheldering van die storie van ons kosmiese oorsprong speel. Kry dus die springmielies gereed, sit terug en geniet die verhaal van hoe ons, die numeriese kosmoloë, besig is om Ons Heelal, die Rolprent, te vervaardig!​

Meer besonderhede:​ ​https://bit.ly/3xZ6s42​​