Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Werkswinkels vir Mei 2024
Begin: 07/05/2024, 09:00
Einde: 31/05/2024, 09:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 021 808 2623
Plek: Stellenbosch University Library

Ons bied gedurende Mei die laaste van ons #SmartResearcher reeks aan vir die eerste semester, maar ons herhaal dit weer in die 

 

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek ‘n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering  

Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word saamgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Die nakoming van hierdie beleid, wat navorsers vra om kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek te deponeer, kan die sigbaarheid en impak van navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen om toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter.


Datum: 7 Mei @ 11:00 – 12:30

Bespreek Hier



Verryk jou navorsingsimpak deur ooptoegang publisering

Hierdie werkswinkel sal deelnemers bekendstel aan die beginsels van ooptoegang publisering en hoe dit die impak van hul navorsing kan bevorder. Ooptoegang publisering is 'n model van akademiese kommunikasie wat onbeperkte en gratis toegang tot akademiese navorsingsuitsette, soos artikels, dokumente en data, bied. In oop toegang publikasie word die inhoud aan die publiek beskikbaar gestel sonder finansiële, regskundige of tegniese hindernisse.

Datum: 9 Mei @ 12:00 – 13:00

Bespreek Hier


Bestuur jou unieke navorsersidentiteit met ORCID

ORCID is 'n oop, nie-winsgewende, gemeenskapsgedrewe poging om 'n register van unieke navorsersidentiteite te skep en in stand te hou. Dit dien ook as 'n deursigtige metode om navorsingsaktiwiteite en -uitsette aan hierdie identiteite te koppel. Hierdie werkswinkel sal verduidelik wat ORCID is, hoe om jou profiel te registreer en met nodige inligting in te vul.

Datum: 21 Mei @ 12:00 – 13:00

Bespreek Hier


Verbeter jou navorsingsimpak

Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe om jou impak as navorser te verbeter.


Datum: 23 Mei @ 11:00 – 13:00

Bespreek Hier


Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing

Hierdie praktiese sessie dek belangrike fatore wat jou sal help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur die regte keuses te maak, kan jy die aantal lesers en aanhalings van jou navorsing verhoog, publikasievertraging verminder en dus verseker dat jou publikasie vir staatsubsidie in aanmerking kom.


Datum: 28 Mei @ 10:00 – 13:00

Bespreek Hier

Hoe om jou Mendeley leêr na EndNote te skuif

Gedurende hierdie sessie sal ons jou wys hoe om jou bestaande Mendeley biblioteek te migreer na EndNote. Om die bronnelys self te skuif is relatief maklik, maar om jou PDF artikels te skuif kan meer ingewikkeld wees. Vir hierdie sessie moet jy eers die ou weergawe van Mendeley aflaai.

Datum: 28 Mei @ 14:00 – 15:00


Bespreek Hier

EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 29 Mei @ 14:00 – 16:00


Bespreek Hier​