Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wiley Skrywerswerkswinkels hierdie April
Begin: 09/04/2024, 12:00
Einde: 22/04/2024, 12:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 0218082623
Plek: Stellenbosch University Library

Biblioteek- en Inligtingsdiens nooi jou uit om een van ons komende Wiley Skrywerswerkswinkels by te woon. Die eerste werkswinkel, wat op 15 April van 10:00 tot 12:00 gehou sal word, is gemik op vroeë-loopbaannavorsers wat meer oor die onderwerpe hieronder wil leer:

Sukses met publisering: hoe om jou navorsing in 'n tydskrif te publiseer

  • Wat word beskou as 'n goeie navorsingsartikel?
  • Watter skryfhulpmiddele bestaan om my te help?
  • Wat is die etiese kwessies rondom publisering?
  • Hoe kies ek 'n tydskrif om in te publiseer?
  • Hoe werk die portuurbeoordelingsproses?

Die daaropvolgende werkswinkel, wat op 22 April van 10:00 tot 12:00 gehou sal word, is gemik op ervare navorsers wat tans aan 'n artikel of navorsingsprojek werk. Dit sal 'n meer praktiese werkswinkel wees waar aktiewe deelname en betrokkenheid aangemoedig sal word, sodat jy jou eie ervarings met die publikasieproses kan deel en ook by ander kan leer.

Om vir een van hierdie werkswinkels te registreer, klik asseblief op die prent hieronder:

Wiley Advertisement(2).png