Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Intellektuele Goederereg Kort Kursus
Begin: 21/05/2024, 08:30
Einde: 23/05/2024, 16:00
Kontak:Annette van Tonder - 021 808 9371
Plek: Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS) Marais Street, Stellenbosch

​Die kort kursus in Intellektuele Goederereg (IP) word jaarliks aangebied en ken 'n bywoning sertifikaat van die Universiteit Stellenbosch toe.

Hierdie sertifikaat program is geakkrediteer deur Stellenbosch Universiteit se afdeling: Kort Kursusse, en word aangebied deur die Anton Mostert-leerstoel vir IP-reg in die Fakulteit Regsgeleerdheid.

Die kort kursus (drie (3) dae) in IP-reg is gemik op nie-IP-praktisyns, diegene in besigheid, handel, ingenieurswese, kuns of wetenskap, of inderdaad enigiemand met 'n belangstelling in hierdie deurslaggewende veld van die reg.

Die kursus is spesifiek ontwerp om 'n inleiding tot hierdie regsveld sowel as praktiese toepassing daarvan te bied en het geen toelatings- of eksamen vereistes nie.

Die kursus word aangebied deur leiers in die gebied van IP-reg en praktyk. Die kursus beloof om beide stimulerend en lonend te wees, terwyl dit bywoners toerus met 'n goeie begrip van hoe relevant (en inderdaad deurslaggewend) IP reg is.

Die kursus bevat spesifieke verwysings na aspekte van IP-reg wat verband hou met elektroniese handel, kommunikasie, digitale werk, en 'n aantal toegepaste gevallestudies.

Toelatingsvereistes: GEEN
Eksamen vereistes: GEEN
Akkreditasie: Universiteit Stellenbosch
Koste: R8500,00 per persoon (daaglikse tee en middagete ingesluit)
(Universiteit Stellenbosch Personeel en studente: R5 000 per persoon)
Tydsduur: 21- 23 Mei 2024 (08:30 tot 16:00)
Plek: Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS) Marais straat, Stellenbosch

OM TE REGISTREER VOLG DIE SKAKEL:
https://shortcourses.sun.ac.za/register/?offeringid=e583dec2-bcdb-ee11-815d-0050568033a6