Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Werkswinkels vir April 2024
Begin: 04/04/2024, 13:00
Einde: 30/04/2024, 13:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 0218082623
Plek: Stellenbosch University Library


SmartResearcher Logo.png

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis. 

Data visualisering beginsels

Hierdie werkswinkel sal die sleutelbeginsels dek om in gedagte te hou wanneer jy jou visualiserings beplan, van die keuse van die beste visualiseringstipe vir jou data tot die effektiewe gebruik van kleur, narratief, ens.

Datum: 9 April @ 11:00 – 12:30

Registreer Hier

Hoe om jou Mendeley leêr na EndNote te skuif

Gedurende hierdie sessie sal ons jou wys hoe om jou bestaande Mendeley biblioteek te migreer na EndNote. Om die bronnelys self te skuif is relatief maklik, maar om jou PDF artikels te skuif kan meer ingewikkeld wees. Vir hierdie sessie moet jy eers die ou weergawe van Mendeley aflaai.

Datum: 11 April @ 12:00 – 13:00

Registreer Hier

Hoe om jou Mendeley leêr na EndNote te skuif (Gesondheidswetenskappe)

Gedurende hierdie sessie sal ons jou wys hoe om jou bestaande Mendeley biblioteek te migreer na EndNote. Om die bronnelys self te skuif is relatief maklik, maar om jou PDF artikels te skuif kan meer ingewikkeld wees. Vir hierdie sessie moet jy eers die ou weergawe van Mendeley aflaai.

Datum: 11 April @ 14:00 – 15:00

Registreer Hier

Oorsig van sagteware vir effektiewe data analise en visualisering 

'n Oorsig van gratis sagteware vir data-analise en datavisualisering sal aangebied word. Hierdie programme is nuttig vir statistiese ontleding, visualisering, kartering, datasuiwering en die digitale geesteswetenskappe.

Datum: 16 April @ 11:00 – 13:00

Registreer Hier

Navorsingsdatabestuur hulpbronne en opleiding

Hierdie werkswinkel sal bywoners bekendstel aan verskeie navorsingsdatabestuur hulpbronne, sowel as die beskikbare opleiding in die hulpbronne. Dit sluit in blootstelling aan inligringsbronne en tegnologiese vaardighede te doen met data insameling, hoe om sensitiewe data te bestuur, die stoor van data, deel van data, hoe om data te publiseer, spelgebaseerde leer, sowel as navorsersondersteuning.

Datum: 17 April @ 11:00 – 12:00

Registreer Hier

EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 18 April @ 11:00 – 13:00

Registreer Hier

EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking (Gesondheidswetenskappe)

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 18 April @ 14:00 – 16:00

Registreer Hier

Hoe om 'n literatuuroorsig te doen

In hierdie webinaar sal deelnemers leer wat 'n literatuuroorsig is en die verskillende tipes literatuuroorsigte. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer van 'n literatuuroorsig leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en hoe om literatuur krities te ontleed.

Datum: 23 April @ 14:00 – 16:00

Registreer Hier

Inleiding tot data visualisering met Tableau Desktop en Flourish

Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende kursus wees om jou data deur middel van Tableau Desktop en Flourish te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik.

Datum: 24 April @ 11:00 – 13:00

Registreer Hier

'n Oorsig van SUNScholarData – die US Institusionele Navorsingsdatabewaarplek

Meeste befondsers maak die deponering van data verpligtend, wanneer dit deel is van die navorsingsproses wat deur hul befonds word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig gee van navorsingsdatabewaarplekke en demonstreer die wyse waarop die US se Institusionele Navorsings-databewaarplek funksioneer.

Datum: 25 April @ 11:00 – 13:00

Registreer Hier

Inleiding tot Microsoft Power BI

Die werkswinkel is 'n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening.

Deelneemers sal die volgende leer:

  • Hoe om die toepassing af te laai en aan MS Excel te koppel
  • Hoe om data maklik te begin visualiseer met 'n uitgebreide databasis van beskibare data visualiserings.
  • Hoe om verslae te bou

Datum: 30 April @ 11:00 – 13:00

Registreer Hier

Tableau vir Intermediêre Gebruikers

This is an intermediate-level workshop focusing on visual data analysis skills using Tableau Desktop software. Tableau stands out as one of the global leaders in business intelligence software and finds extensive application in universities for teaching and learning by academic staff.

Hierdie middel-vlak werkswinkel sal fokus op vaardighede vir die analise van visuele data deur die gebruik van die Tableau Desktop sagteware. Tableau word as 'n vooraanstaande sagteware pakket vir sake-intelligensie. Dit word ook baie wyd gebruik in universiteite deur akademiese personeel vir onderrig en leer.

Datum: 30 April @ 14:00 – 16:00

Registreer Hier

SU_Library_lockup_RGB_Horizontal(1).png