Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beraad van THE Pan-Afrika-Universiteite
Begin: 17/04/2024, 08:00
Einde: 18/04/2024, 13:00
Kontak: -
Plek: Future Africa, University of Pretoroia


Die Universiteit Stellenbosch (US) bied in samewerking met die Universiteit van Pretoria (UP) die eerste Beraad van THE Pan-Afrika-Universiteite aan en sal op drie van die belangrikste ambisies binne die streek se hoëronderwys-ekostelsel fokus: volhoubaarheid, billike navorsing en indiensneembaarheid.

 

Kundiges uit die streek se tersiêre onderwys-, nywerheids- en beleidsektore sal bymekaarkom om maniere te ondersoek om Afrika-geleide navorsing, beste praktyk binne Afrika-universiteite en beroepsgeleenthede wat met 'n meer volhoubare kennisekonomie ooreenstem, te bevorder en te verbeter.

Die beraad word op 17-18 April 2024 by die UP se Future Africa-kampus gehou.

US-personeel wat graag die geleentheid wil bywoon, sal 20%-registrasiekorting ontvang. Klik hier om toegang tot die registrasiekorting te kry.

Vir meer inligting oor die beraad, sprekers en die registrasieproses, klik hier.