Kontak:Rene Kotze
-
Plek: Neelsie Cinema and Online
Evolusie van Kwantumstelsels wat aan Geraas Blootgestel is
Die Schrödinger-vergelyking beskryf die evolusie van geïsoleerde kwantumstelsels. Maar wanneer dit aan eksterne geraas blootgestel word, verander die dinamiese vergelyking van ʼn kwantumstelsel heeltemal, uit beide ʼn fisiese en ʼn wiskundige oogpunt. Hierdie oop stelsels toon tipies onomkeerbare gedrag in die dinamika. Dit kom orals in die natuur voor en is die onderwerp van teoretiese en eksperimentele studies in fisika, chemie, biologie en wiskunde. Met enkele uitsonderings, verhoed die kompleksiteit van die vergelykings van beweging ons om die presiese oplossing vir die dinamika van oop stelsels te vind. ʼn Mens wend jou dan tot aanvaarbare vereenvoudigende approksimasies, soos die algemeen gebruikte Born-Markov-approksimasies, wat analities en numeries ʼn meer hanteerbare situasie tot gevolg het. Dit is egter baie moeilik om die akkuraatheid van die approksimasies met presisie te verseker! Ek sal kortliks enkele resultate oor die geldigheid van die Born-Markov-approksimasie, gegrond op ʼn wiskundig streng metode, opsom en toepassings op konkrete modelle uit kwantumoptika en kwantumchemie voorlê.
Meer besonderhede: https://bit.ly/49rc9pc