Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
CIRCoRe-seminaar: Sosiaal-geregtigde kurrikula in die opleiding van gesondheidspraktisyns
Begin: 23/02/2024, 10:30
Einde: 23/02/2024, 12:30
Kontak:Carol Goss -
Plek: Stellenbosch University: Library Auditorium

​Wêreldwye gesondheidsongelykhede het 'n dringendheid vir gesondheidsberoepsonderwys geskep om na reagerende kurrikula oor te skakel wat kontekstueel toepaslik is ten einde gegradueerdes beter voor te berei om hierdie ongelykhede aan te spreek. Gerugsteun deur 'n noodsaaklikheid vir sosiale geregtigheid, hou sulke vernuwingsprosesse beduidende gevolge in vir studente en opvoeders wat by die kurrikulum betrokke is. Hoewel baie studente en gesondheidsberoepsopvoeders saamstem dat dit nodig is om 'n agenda van sosiale geregtigheid in gesondheidsberoepsonderwys te bevorder, is daar nog min insae in hoe studente en opvoeders hierdie reaksie verstaan en hoe hierdie begrip hulle implementering en ervaring van die kurrikulum kan beïnvloed.

Ons gaan poog om in hierdie sessie insae te bied in die verskillende maniere waarop reagerende kurrikula verstaan word. Ons sal verder ook kyk na die implikasies wat kurrikulumtransformasie vir sommige van die rolspelers inhou wat by hierdie transformasie betrokke is en daardeur geraak word. Ons sal primêr op 'n PhD-studie oor studente se ervarings en perspektiewe van sosiale reaksie binne die geneeskundige kurrikulum steun, terwyl daar ook sekondêr na 'n multi-institusionele Suid-Afrikaanse studie gekyk sal word vir die ontwerp en inwerkingstelling van reagerende opvoedkundige kurrikulums vir gesondheidspraktisyns.

Sleuteltemas sluit in sosiale geregtigheid, sosiale reaksie, kritiese pedagogie en die studentestem, en wat hierdie temas vir kurrikula en ons opvoedkundige praktyke beteken.​