Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Werkswinkels vir Februarie 2024
Begin: 16/02/2024, 14:00
Einde: 29/02/2024, 14:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 021 808 2623
Plek: Stellenbosch University Library

​​Ons begin hierdie Februarie met ons jaarlikse reeks #SmartResearcher werkswinkels. Ons gaan die werkswinkels hierdie jaar in 'n hibriede formaat aanbied, so jy kan in persoon of aanlyn aansluit. Plus, as jy drie of meer van ons werkswinkels bywoon dan kwalifiseer jy vir 'n bywoningsertifikaat.

 

SmartResearcher Logo.png

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Inhandiging van jou tesis/proefskrif tot SUNScholar

Is jy gereed om jou tesis, verhandeling of artikel in te handig by die Biblioteek se digitale navorsingsbewaarplek in te dien? Hierdie biblioteek-opleidingsgeleentheid vir nagraadse studente of personeel is ontwerp om praktiese leiding te gee aan diegene wat gereed is om hul proefskrif/verhandeling/artikel by SUNScholar in te dien.

Datum: 20 Feb. @ 12:00 – 13:00

Bespreek Hier

Wenke oor hoe om jou tesis te formateer (MS Word)

Hierdie werkswinkel sal jou help met sommige van die algemene formateringsfoute wat die meeste nagraadse studente ervaar, terwyl hulle hul dokument gereed maak vir indiening.

Datum: 21 Feb. @ 11:00 – 13:00

Bespreek Hier

Biblioteekoriëntering vir nagraadse studente en akademiese personeel

Tydens hierdie inleidende sessie sal deelnemers voorsien word van 'n oorsig van die kerndienste wat deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens aangebied word. Onderwerpe sluit in die navigasie van die Biblioteekwebwerf, hoe om hul weg in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek te vind, hoe om inligting deur die Biblioteek se talle databasisse te vind, watter gevorderde navorsingsondersteuningsdienste beskikbaar is en vele ander.

Datum: 22 Feb. @ 10:00 – 13:00

Bespreek Hier

Hoe om 'n literatuuroorsig te doen

In hierdie webinaar sal deelnemers leer wat 'n literatuuroorsig is en die verskillende tipes literatuuroorsigte. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer van 'n literatuuroorsig leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en hoe om literatuur krities te ontleed.

Datum: 27 Feb. @ 11:00 – 13:00

Bespreek Hier

Hoe om jou Mendeley Biblioteek naEndNote te migreer

Gedurende hierdie sessie sal ons jou wys hoe om jou bestaande Mendeley biblioteek te migreer na EndNote. Om die bronnelys self te skuif is relatief maklik, maar om jou PDF artikels te skuif kan meer ingewikkeld wees. Vir hierdie sessie moet jy eers die ou weergawe van Mendeley aflaai.

Datum: 28 Feb. @ 12:00 – 13:00

Bespreek Hier

Hoe om jou Mendeley Biblioteek naEndNote te migreer (Gesondheidswetenskappe)

Gedurende hierdie sessie sal ons jou wys hoe om jou bestaande Mendeley biblioteek te migreer na EndNote. Om die bronnelys self te skuif is relatief maklik, maar om jou PDF artikels te skuif kan meer ingewikkeld wees. Vir hierdie sessie moet jy eers die ou weergawe van Mendeley aflaai.

Datum: 28 Feb. @ 12:00 – 13:00

Bespreek Hier

EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 29 Feb. @ 11:00 – 13:00

Bespreek Hier

EndNote vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking (Gesondheidswetenskappe)

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. ​​Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 29 Feb. @ 11:00 – 13:00

Bespreek Hier

SU_Library_lockup_RGB_Horizontal.png