Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteekoriëntering vir nagraadse studente en akademiese personeel
Begin: 13/02/2024, 10:00
Einde: 29/02/2024, 10:00
Kontak:Kirchner Van Deventer - 0218082623
Plek: Stellenbosch University Library


Indien jy ‘n nuwe nagraadse student of 'n nuwe personeellid is by Universiteit Stellenbosch, kan dit intimiderend wees om al die dienste en fasiliteite wat beskikbaar is, te ontdek, veral dan ook hoe om toegang tot dié dienste te verkry. As deel van die Biblioteek- en Inligtingsdiens se #SmartResearcher werkswinkels, bied ons 'n Biblioteekoriëntering aan wat spesifiek gerig is op nagraadse studente en akademiese personeel. Hierdie drie-uur lange sessie sal jou bekendstel aan al die dienste en fasiliteite wat die Biblioteek bied. Jy sal leer hoe om jou fakulteitsbibliotekaris te vind, hoe om die Biblioteek se webwerf te gebruik, hoe om biblioteekgidse te vind wat belangrik is vir jou navorsingsgebied en hoe om hulp te vind.

Jy sal ook bekendgestel word aan Navorsingsimpakdienste, Navorsingsdatadienste, Ooptoegangpublikasies, die Carnegie Navorsingsruimte, die Innovasieruimte en ook ons institusionele bewaarplekke.

Sien hier onder die datums en tye vir die eerste semester. Bespreek jou plek gerus hier:


Beide sessies sal in 'n hibriede-formaat aangebied word, dus kan jy kies om persoonlik of aanlyn by te woon. Die sessies sal in die Biblioteek se E-klaskamer aangebied word.

​Onthou, ons is hier om jou te help om uit te blink in wat jy ook al wil bereik!​