Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werksessie oor plastiekbesoedeling wat plaaslike vee-kleinboergemeenskappe van Suid-Afrika raak
Begin: 27/02/2024, 09:00
Einde: 27/02/2024, 17:00
Kontak: -
Plek: TBC

​As ʼn vername belanghebbende word jy uitgenooi om ʼn dag lange werksessie by te woon waartydens Suid-Afrika se huidige uitdagings met betrekking tot plastiek bespreek sal word. 

Die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met die Universiteit van Stockholm en die Universiteit van Göteborg, albei in Swede, nooi jou uit na hierdie werksessie in Stellenbosch om die status quo van plastiekbesoedeling in Afrika, veral Suid-Afrika, te bespreek. 

Ons sal die uitdagings ontleed wat plastiekbesoedeling vir die omgewing, vee en menslike gesondheid inhou en potensiële oplossings bespreek wat op Suid-Afrika en Afrika in die breë toegepas kan word. Ons wil voorts navorsing bevorder oor die pad vorentoe met grondbesoedeling en bestuursoplossings vir plastiekbesoedeling vir Kaapstad en omgewing bespreek. 

Datum: 27 Februarie 2024

Tyd: 09:00-17:00

Plek: Sal bevestig word 

Kliek hier om jou plek te bespreek vir persoonlike bywoning of regstreekse uitsending.

RSVP voor of op 20 Februarie 2024.