Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
NITheCS Colloquium: DIRISA: ’n Nasionale infrastruktuur vir datademokrasie
Begin: 19/02/2024, 16:00
Einde: 19/02/2024, 17:00
Kontak:Rene Kotze -
Plek: Neelsie Cinema, Stellenbosch University, and Online

​Navorsingsdata word gebruik en gegenereer deur rolspelers in die navorsings- en innovasie-ekosisteem, en moet bestuur word om die waarde daarvan in die nasionale innovasiestelsel (NSI) te benut. DIRISA (Engels, Data Intensive Research Initiative of South Africa) is 'n relatief onlangse toevoeging tot die nasionale geïntegreerde kuber-infrastruktuurstelsel (NICIS). In pas met die NICIS se mandaat, fokus DIRISA op waardetoevoeging, met unieke aanvullende aanbiedings waarvolgens die stelsel 'n portefeulje wolkgebaseerde dienste vir navorsingsdatabestuur en data-intensiewe navorsing voorsien. Die hoofdoelwit van DIRISA is die verskaffing van 'n nasionale navorsingsdata-infrastruktuur wat die gemelde dienste aanvul. Die dienste[U1]  word kortliks aangebied tesame met aktiwiteite wat toegespits is op die implementering van DIRISA se ander doelwitte. Ten slotte word die waarde van opkomende opvattings rakende BILLIKE en Oop Data in die konteks van strategiese prioriteite oordink.

Meer inligting: https://bit.ly/3On0wqM​​