Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inleiding tot kwantumtermodinamika: ’n Oopstelselperspektief
Begin: 07/02/2024, 14:00
Einde: 28/02/2024, 15:00
Kontak:Rene Kotze -
Plek: Online

​Dr Graeme Pleasance behandel bepaalde basiese beginsels en toepassings van kwantumtermodinamika in sy lesings en spits hom toe op die nie-ewewigsformulering daarvan volgens die teorie van oopkwantumstelsels. Hy begin met 'n kort oorsig van voorbereidende konsepte, waaronder grondliggende kwantummeganika en ewewigbeskrywings van kwantumstelsels. Daarna bespreek hy die dinamika van oopkwantumstelsels binne die raamwerk van Markowiaanse meestervergelykings wat van toepassing is op stelsels wat swak aan een termiese reservoir, of meer, gekoppel is. Dit bied agtergrond vir die afleiding van die eerste en tweede wet van termodinamika, met die tersaaklike konsepte werk, hitte, en entropie. Daar word ook gekyk na toepassings daarvan op kwantumtermiese masjiene soos hitte‑enjins. Ten slotte gee hy 'n uiteensetting van uitbreidings van die raamwerk tot oop stelsels wat sterk op mekaar inwerk.

Meer inligting: https://bit.ly/47NSNsD ​