Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend 2024
Begin: 08/02/2024, 09:00
Einde: 08/02/2024, 12:00
Kontak:Chevaan Peters - 0218089140
Plek: Stellenbosch University

Op 8 Februarie 2024 neem meer as 5 000 nuwe Matie-studente deel aan die jaarlikse Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend by die Universiteit Stellenbosch (US) tydens die amptelike Verwelkomingsweekprogram vir nuwelinge. Die Afdeling vir Sosiale Impak bied aan studente 'n geleentheid om betrokke te raak by aktiwiteite wat aktiewe burgerskap aanmoedig, deur hul akademiese kennis met ander organisasies en vennote oor die hele Stellenboschgemeenskap heen te deel, ingesluit die Tygerberg‑kampus en die omliggende gebiede. Die Afdeling vir Sosiale Impak in oorleg met die Sentrum vir Studentelewe en -leer in die Afdeling Studentesake is opgewonde oor geleenthede om relevant te bly wanneer dit kom by die kritieke kwessies en uitdagings wat Suid-Afrikaanse samelewings en gemeenskappe in die gesig staar. Studente wil graag deelneem aan 'n verskeidenheid aktiwiteite gerig op betrokkenheid wat in samewerking met gemeenskapsvennote en studenteleiers beplan word. Die Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend sluit ook goed aan by die Universiteit se visie om onder meer kennis in diens van die samelewing te bevorder, die Universiteit se missie om plaaslike gemeenskappe te verryk, en die instelling se strategiese tema om doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke in die omliggende gemeenskappe van die US te bou.

Die tema van die Gemeenskapsoggend is saamgestel om studente betrokke te maak by:

  • Die Universiteit Stellenbosch se  verbintenis tot die moontlikmaking van sosiale impak
  • Waarom en hoe die Universiteit met die omliggende gemeenskappe  skakel
  • Die skep van 'n groter bewustheid oor hoe kritieke uitdagings in die werklike lewe deur die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD'e) aangepak kan word.

​“Die Afdeling vir Sosiale Impak se mandaat is om vrywilligersgeleenthede vir studente aan die US te ondersteun, te verbeter en moontlik te maak, terwyl die US se voetspoor in die omliggende gemeenskappe uitgebrei word. Die belangrikste is 'n verbintenis tot die Universiteit se Visie 2040, deur ons vir die toekoms te posisioneer en ons studente tot 21ste eeuse burgers te ontwikkel. Om 'n transformerende studente-ervaring moontlik te maak ten einde die wêreld te transformeer," sê Renee Hector‑Kannemeyer, Adjunkdirekteur: Sosiale Impak.

Klik hier om die program vir die Sosiale-impakgemeenskapsoggend te besigtig.​