Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Taalvaardigheid volgens wet? Oor ’n nuwe wetsontwerp vir universiteitsprogramme in Nederland
Begin: 16/11/2023, 13:00
Einde: 16/11/2023, 14:30
Kontak:Susan Lotz by 13 November - 021 808 4646
Plek: 7 Bosman Street, Room 1005, or online

Die Nederlandse onderwysminister Robbert Dijkgraaf het in Julie 2023 'n nuwe wetsontwerp genaamd “Internationalisation in Balance" voorgelê. Met dié wetsontwerp wil die minister nie net die instroming van buitelandse studente aan Nederlandse universiteite reguleer nie, maar ook taalvaardigheid in Nederlands bevorder – onder sowel Nederlandssprekende studente as diegene wat by die aanvang van hulle studie weinig indien enige Nederlands magtig is.

Om studente se Nederlandsvaardigheid te verbeter, beoog die minister om inspanningsvereistes neer te lê vir alle Nederlandse en buitelandse studente in internasionale programme wat in Engels aan Nederlandse universiteite aangebied word. Sodanige studente in voorgraadse programme sal 140 uur daaraan moet bestee om binne die kurrikulum Nederlands te leer praat en skryf. In nagraadse programme word 56 uur vir dié doel vereis, hetsy binne of buite die kurrikulum. Hoewel geen soortgelyke vereistes sal geld vir programme wat in Nederlands aangebied word nie, sal die universiteitsadministrasie steeds moet aandui hoe hulle studente se taalvaardigheid in daardie programme ontwikkel. Die assessering van hierdie studente se taalvaardigheidsvlak sal ook by die oorhoofse assessering van die program ingesluit word.

Daarbenewens vereis die minister dat alle Nederlandse universiteite die “Verwysingsraamwerk" volg wat 'n groep kenners van die Nederlandse Taalunie in 2022 gepubliseer het. As 'n lid van hierdie groep, bespreek prof Jansen die aanbevelings in die Verwysingsraamwerk, sowel as die navorsing waarop die aanbevelings gegrond is.

Die aanbieding sluit af met 'n bespreking van vrae, waaronder die moontlike uitwerking van so 'n wetsontwerp op die bevordering van meertaligheid by universiteite en op die toeganklikheid van akademiese studie vir 'n diverse groep studente.