Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bonsai-werkswinkel in die US Botaniese Tuin tydens Woordfees 2023
Begin: 13/10/2023, 10:00
Einde: 13/10/2023, 14:00
Kontak:Razelle Galant -
Plek: Stellenbosch University Botanical Garden

​Geïnspireer deur die antieke kuns van Bonsai? Sluit by ons aan vir 'n middag van demonstrasies oor hoe om 'n boom te ontwerp, vorm en bedraad. Leer by ons Bonsai-spesialis, Russ Smal, oor plant- en potkeuse, basiese stileringstegnieke en nasorg, sodat jy sal weet hoe om jou Bonsai vir die komende jare te versorg en te bewonder. Die werkswinkel is geskik vir beginners of vir mense wat ondervinding het met Bonsai.

Ons werkswinkels word in die Stellenbosch Botaniese Tuin gehou waar jy onder die bome kan kuier, die markverkopers, geskenkwinkel, en restaurant kan geniet en 'n koffie/drankie kan drink voor die werkswinkel begin – iets lekker en kreatief om te doen.

Die werkswinkelkaartjie van R350 sluit die volgende in:

Toegang tot die Botaniese Tuine

2-3 ure lange werkswinkel

Gebruik van gereedskap

'n Handleiding

Ontwerp

Vorming

Bedrading

Koop kaartjies hier​