Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vier saam met ons Boomplantweek met ‘n eco- skattejag in die Jan Marais Natuurreservaat
Begin: 01/09/2023, 10:00
Einde: 01/09/2023, 12:00
Kontak:Christine Groenewald -
Plek: Jan Marais Nature Reserve


Het jy al ooit die eco-skatte wat die Jan Marais Natuurreservaat in Maraisstraat bied, beleef? Kom saam met die Universiteit Stellenbosch (US) se Omgewingsvolhoubaarheidspan op Vrydag, 1 September 2023 – die eerste dag van nasionale Boomplantweek – vir 'n eko-skattejag en stap  vir leerders in hierdie pragtige natuurreservaat op ons drempel.

Die US se Omgewingsvolhoubaarheidspan en studente vrywilligers, in samewerking met die Munisipaliteit, speel gasheer vir 'n natuurskattejag vir laerskole in Stellenbosch om aan skole in die gemeeskap voor te stel aan die Jan Marais Natuurreservaat as 'n groen, publieke ontspanningsarea en'n opvoedkundige bron. Hierdie aktiwiteit werk in die rigting van Volhoubaarheidsontwikkelingsdoelwit 11, die skep van volhoubare stede en gemeenskappe om stede en menslike nedersettings inklusief, veilig, veerkragtig en volhoubaar te maak en Doelwit 15: lewe op land. Hierdie doelwit dek ook die ondersteuning of georganiseerde geleenthede wat daarop gemik is om bewaring en volhoubare gebruik van grond te bevorder.

Die skattejag sal noemenswaardige areas en kenmerke van die park uitlig.  Voorbeelde hiervan is die vleiland area,die renosterveld en fynbos-areas, die buitelig gym en die speelarea.  Ons gaan ook bome plant en onderhoudswerk aan die staproetes doen.  Aan die einde van die geleentheid sal elkeen van die leerders 'n “vriend van die park" medalje ontvang, asook 'n boom, wat die munisipaliteit skenk, wat hulle by hulle skool kan plant.

​Alle studente en personeel is welkom om saam met ons hierdie dag te kom geniet en te sien wat die park alles bied.