Die Departement Afrikaans en Nederlands is Donderdag 10 Augustus 2023 in samewerking met die Samespraak-inisiatief betrokke by 'n dubbeldoorgesprek.
Van 12:15 tot 13:00 praat prof Louise Viljoen, pas aangewese wenner van die Jan H Marais-prys, met Eben Venter oor Decima (2023). En van 13:00 tot 13:45 praat prof Andries Visagie met prof Siegfried Huigen oor Shaping a Dutch East Indies: Francois Valentyn's VOC Empire (2023).
Die gesprekke vind op Zoom plaas. Klik gerus HIER vir die toegangsbesonderhede.