Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kortkursus in Intellektuele Goederereg en Mededingingsreg
Begin: 13/09/2023, 08:00
Einde: 15/09/2023, 16:00
Kontak:Annette van Tonder - 0218089371
Plek: Windhoek Country Club, Windhoek, Namibia

'n Inleidende kursus gemik op enigiemand wat 'n belangstelling in Intellektuele Goederereg (IG) en Mededingingsreg het. 'n Soortgelyke kursus is vir die eerste keer in 2022 in Namibië aangebied. Op versoek bied ons die kursus dus vanjaar weer in Namibië aan. Die kursus word die afgelope 11 jaar in Stellenbosch aangebied.

Die Kortkursus word aangebied deur die Anton Mostert-leerstoel vir IG-reg en ander personeel van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch, en vooraanstaande praktisyns op die gebied van Intellektuele Goederereg.

'n Sertifikaat van bywoning sal deur die Universiteit Stellenbosch toegeken word. Die sertifikaatprogram is geakkrediteer deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling: Kortkursusse.

Die kursus is prakties en vrae sal gedurende elke aanbieding beantwoord word. Elke deelnemer sal 'n geheuestokkie met al die aanbiedings ontvang.

Toelatingsvereistes: GEEN
Eksamenvereistes: GEEN
Akkreditasie: Universiteit Stellenbosch
Koste: R8 250,00 per persoon (daaglikse tee en middagete ingesluit)
Tydsduur: 3 dae (08:30 tot 16:00)


KLIK HIER OM TE REGISTREER

VENUE: 

Windhoek Country Club

B1 Western Bypass

Windhoek

Namibia

DATUM: 

13-15  September 2023

KONTAK:

E-pos: annettev@sun.ac.za

Tel: 021 808 9371