Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
TLA Seminaar: Kurrikulumvernuwing: Die Middeweg tussen Kliniesevaardigheids- en Kritiesevaardigheidsontwikkeling
Begin: 04/08/2023, 14:00
Einde: 04/08/2023, 14:00
Kontak:Roshnique Pharo - (021) 808 3717
Plek: Room 3008, Faculty of Education (GG Cillié Building)

Die Afdeling Leer- en Onderrigverryking bied hulle volgende kwartaallikse seminaar op 31 Augustus 2023 aan.


Spreker: Prof Marianne Unger (Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) (US Onderriggenoot)

Tema: Kurrikulumvernuwing: Die Middeweg tussen Kliniesevaardigheids- en Kritiesevaardigheidsontwikkeling

Datum: 31 Augustus 2023

Tyd: 12:45-14:00

Plek: Lokaal 3008, Fakulteit Opvoedkunde (GG Cillié Gebou)

Die seminaar geskied in lewende lywe en sitplekke is beperk. Bespreek asseblief by Roshnique Pharo: 

rdaniels@sun.ac.za of 021 808 3717.


Opsomming van seminaar

Dit raak al nodiger dat ons afgestudeerdes lewer wat daartoe in staat is om ’n verskil te maak. Dít verg dat professionele programme in die gesondheidswetenskappe studente help om vaardighede te verwerf en kenmerke te ontwikkel wat verder as kliniese bekwaamheid strek. Die reeds oorlaaide kurrikulum en die uitwerking daarvan op studente- en personeelwelwees stel tans die geslaagdheid van ons fisioterapieprogram ernstig in gevaar. Probleemgebaseerde leer gee studente egter die geleentheid om tegelykertyd kritiese vaardighede – samewerking, kommunikasie, leierskap, kampvegting en akademieskap (Yew & Goh, 2016) – te ontwikkel én fisioterapie te leer en kliniese vaardighede te ontwikkel. Deur werklikheidsgetroue probleme in die klaskamer te hanteer, skep ons daardie bepalende momente vir transformasie (Mezirow, 2018). As dit nadenkend ontwerp en op die heel eerste dag van die eerste jaar ingestel word, kan dit kwessies soos fragmentering, kompartementalisering en die oordragparadoks wat hiërargiese modulêre kurrikulums kenmerk, aanspreek (Frerejean et al., 2022).

In hierdie seminaar deel ek met u ons reis, die hoe en die hoekom daarvan, en die uitdagings in ons pogings om bekwame fisioterapeute én kritiese burgers te ontwikkel.


Biografie van spreker

Prof. Marianne Unger is ’n begeesterde dosent in fisioterapie met 27 jaar ondervinding agter die rug, onder meer as voorsitter van verskeie komitees, wat voorgraadseprogram- en navorsingsetiekkomitees insluit. Sy het ’n PhD in Pediatriese Neurologie, en haar spesialisbelangstelling is om bewegingstrategieë beter te verstaan met die oog op verbeterde intervensies by kinders met serebrale verlamming. P:rof. Unger se besorgdheid oor toekomstige fisioterapiepraktyk en -opvoeding het haar aangespoor om haar O&L-opleiding uit te brei, en sy het onlangs ’n US-onderriggenootskap voltooi. Sy is daarvoor verantwoordelik om kurrikulumvernuwing in hulle program voort te dryf en sy is opgewonde daaroor om nuwe en innoverende metodologieë uit te werk wat die studente-ervaring kan verbeter én studente op die veranderende omvang van toekomstige fisioterapiepraktyk voorberei.


Bronnelys

· Frerejean, J, Dolmans, DH & Van Merrienboer, JJ. 2022. Research on instructional design in the health professions: From taxonomies of learning to whole‐task models. Researching Medical Education, 291-302.

· Mezirow, J. 2018. Transformative learning theory. In Contemporary theories of learning (114-128). Routledge.

· Yew, EH & Goh, K. 2016. Problem-based learning: An overview of its process and impact on learning. Health Professions Education 2(2), 75-79.​