Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bespreek jou plek by die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing
Begin: 04/08/2023, 13:00
Einde: 14/08/2023, 23:00
Kontak: -
Plek: Wallenberg Research Centre at the Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS), 10 Marais Street, Stellenbosch, or online

Die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringsopvoeding en Burgerskap (SLLEOB) bied die jaarlikse Frederik van Zyl Slabbert-erelesing op 14 Augustus aan en nooi graag alle personeel en studente uit om dit by te woon.

Sitplekke is beperk, so klik asseblief hier om 'n sitplek aanlyn te bespreek voor 8 Augustus 2023.

Vanjaar se lesing sal gehou word deur me Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se ouditeur-generaal en die eerste vrou in 109 jaar om hierdie amp in die hoogste ouditinstelling te beklee.

Me Maluleke is 'n genoot en moderator van die Afrikaleierskapsinisiatief en die Aspen Globale Leierskapsnetwerk. Haar agtergrond as geoktrooieerde rekenmeester (GR) strek oor meer as 20 jaar, met ondervinding in die private en die openbare sektor, op diverse gebiede soos ouditering, konsultasie, korporatiewe advisering, ontwikkelingsfinansies, beleggingsbestuur en vaardigheidsontwikkeling. As lid van die Presidensiële Adviesraad oor Swart Ekonomiese Bemagtiging, was sy aan die hoof van 'n subkomitee wat suksesvolle aanbevelings vir breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) ontwikkel het. As voorsitter van die GR Handvesraad het sy die eerste sektorhandves vir SEB in die staatskoerant laat plaas. Hierdie handves was gerig op belangrike transformasie-inisiatiewe wat toegang tot die beroep vir swart mense verbeter het. As 'n nie-uitvoerende lid van die Ombudskomitee vir Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS) het sy die FAIS-ombud van raad oor die opstel van die kantoor bedien.

Me Maluleke se loopbaan word aangedryf deur die begeerte om aktief tot die bevordering van swart mense in die rekenmeesterberoep by te dra. Sy het hierdie passie deur haar werk met verskillende organisasies uitgeleef, waaronder Business Unity South Africa (BUSA), African Women Chartered Accountants (AWCA) en die Association for the Advancement of Black Accountants of Southern

Africa (ABASA), waarvan sy 'n voormalige president was. Haar rol as die voormalige nie-uitvoerende voorsitter van die raad van SAICA (Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters) was 'n voortsetting van hierdie werk.

Haar toewyding aan diensuitnemendheid en etiese leierskap, en haar bydrae tot transformasie is reeds deur die president van ABASA, AWCA en die Swart Bestuursforum (BMF), onderskeidelik, erken en beloon. 

Hierdie jaarlikse erelesing, met die finansiële ondersteuning van die Konrad-Adenauer-Stigting, is daarop gemik om 'n platform te skep waar ons studenteleiers, akademici en die groter internasionale gemeenskap krities met aktuele politieke en regeringspraktykkwessies in Suid-Afrika kan omgaan.

TEMA:  

Goeie regeringspraktyk, goeie burgerskap? Wat benodig Suid-Afrikaners vir betrokke burgerskap?​

DATUM: Maandag, 14 Augustus 2023

TYD: 17:30 vir 18:00 – 20:00

PLEK: Wallenberg-navorsingsentrum by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS), Maraisstraat 10, Stellenbosch, of aanlyn

KLEREDRAG: Deftig informeel

RSVP: Sitplek is beperk; klik hier om voor 8 Augustus 2023 aanlyn te bespreek.

Let asseblief daarop dat dit 'n hibridiese geleentheid sal wees.

Die skakel sal op Maandag 14 Augustus 2023 gestuur word aan diegene wat aanlyn bywoning aangedui het. 

Vir verdere navrae, e-pos fvzs@sun.ac.za​​​