Twee opleidingsessies oor die effektiewe gebruik van SciVal vind plaas op 1 Augustus en 5 September 2023. Universiteit Stellenbosch het toegang verkry tot SciVal in Mei 2023 en wil graag personeel aanmoedig om dit te gebruik om jou eie navorsingsprestasie te analiseer of dié van jou groep, departement of fakulteit.
SciVal Basiese Beginsels - 1 Augustus 2023, 11:00-12:00
Die eerste webinaar op 1 Augustus sal die basiese beginsels van SciVal dek en gebruikers bemagtig om SciVal effektief te gebruik. Onderwerpe wat ingesluit sal word is die oorsprong van die data wat gebruik word, verskillende metings wat beskikbaar is, die verskillende modules in SciVal, navigasie en tipe entiteite en ranglyste.
Bespreek asseblief hier
SciVal VOD's & Navosringsgroepe - 5 September 2023, 11:00-12:30
Die tweede webinaar op 5 September sal 'n oorsig gee oor hoe navorsing oor die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD's) geanaliseer kan word en hoe om navorsingsgroepe te skep.
Bespreek asseblief hier
Wat is SciVal?
SciVal is Elsevier se navorsingsprestasie assesseringsinstrument wat die visualisering van navorsingsprestasie, vergelykende maatstawwe van eweknieë, en identifisering en ontleding van opkomende navorsingstendense moontlik maak. Die instrument is gebaseer op Scopus se bibliometriese inligting sowel as verskeie ander databronne soos toekennings, patente en nuusmedia. Die navorsingsprestasie van meer as 22 000 navorsingsinstellings uit meer as 230 nasies wêreldwyd kan ontleed word.
Universiteit Stellenbosch het toegang tot drie modules van SciVal, naamlik die Overview-, Benchmarking- en Collaboration-modules. In die "Overview"-module kan jy die navorsingsprestasie van navorsers, instansies, lande, ens. analiseer. In die "Benchmarking"-module sal jy die navorsingsprestasie van enige data wat in SciVal beskikbaar is, kan vergelyk met mekaar en in die "Collaboration"-module kan jy die samewerking van instansies, lande en navorsers ondersoek.