Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Première Teaterfees
Begin: 25/07/2023, 14:00
Einde: 29/07/2023, 14:00
Kontak:dr André Gerber -
Plek: Adam Small Theatre Complex


Die Première Teaterfees Program is aanlyn beskikbaar. Kaartjies is op Quicketbeskikbaar.

 

Die Universiteit van Stellenbosch Dramadepartement, met die ondersteuning van die ATKV, NATi, en die Johann Brink Trust bied weer hierdie jaar Première: ʼn teaterfees vir nuwe en opkomende kunstenaars aan.

Première is ʼn opwindende teaterfees eie aan Stellenbosch waar daar oorspronklike produksies deur jong, vernuwende teatermakers van die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement ontwikkel en opgevoer word. Daar is vanjaar meer as 80 studente by Première betrokke, wat onderskeidelik as regisseurs, skrywers, ontwerpers, verhoogbestuurders en akteurs optree.

In Februarie is 18 produksievoorstelle aan ʼn paneel teaterdeskundiges voorgelê. Twaalf van hierdie voorstelle is uiteindelik gekeur om aan die fees deel te neem. Hierdie 12 produksies verteenwoordig ʼn breë spektrum style, tale, onderwerpe en temas.

Van 24 – 28 Julie vanaf 18:00 word daar elke aand drie produksies in die Lab Teater by die Adam Small Teaterkompleks in Stellenbosch opgevoer, waarná ʼn paneel bekwame beoordelaars repliek sal lewer. Die beoordelaars vir 2023 is

  • Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees, 
  • Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi),
  • Hugo Theart, kreatiewe hoof van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, en
  • Prof. Petrus du Preez, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch Dramadepartement,

Op Saterdag, 29 Julie word die top drie produksies teruggenooi om by die Première Curtain Call te speel. Na afloop van die aand, word verskeie pryse oorhandig en die wenproduksie van die jaar se fees, sal aangekondig word. Die pryse sluit in

  • Beste Regisseur
  • Beste Speler (Manlik en Vroulik)
  • Beste Speler in ʼn Ondersteunende Rol (Manlik en Vroulik)
  • Beste Nuwe Teks
  • Beste Ensemble
  • Beste Algehele Tegniese Versorging en Ontwerp
  • Beste Verhoogbestuur en
  • Beste Algehele Tegniese Prestasie.

Elke individuele wenner ontvang R2 000. Die wenproduksie ontvang ʼn kontantprys van R20 000Hierdie produksie kry ook ʼn speelvak by die 2023 Toyota Woordfees

Die organiseerders van die fees, dr. André Gerber en Elana-Marié Snyman, beskryf Première as ʼn viering van die jong, energieke teatertalent van Stellenbosch. “ʼn Enorme deel van die professionele industrie is van die Stellenbosch Universiteit Dramadepartement afkomstig. Daar is nog altyd ʼn skeppingsgees onder die studente. Ons poog om hierdie jong talent aan Stellenbosch bekend te stel."

Teen slegs R60 per produksie, kan gehore deur dié jong teatermakers se unieke en uiteenlopende produksies vermaak en uitgedaag word. Gehore is ook welkom om ná die drie produksies na die beoordelaars se terugvoer te luister. 

'n Volledige program vir die week is hier beskikbaar. Kaartjies kan gekoop word deur die skakels hieronder te gebruik, of om te soek op Quicket.

Produksies

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Vrydag

Saterdag