Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldbank-ekonoom praat by Karaan Gedenklesing
Begin: 29/03/2023, 17:30
Einde: 29/03/2023, 19:00
Kontak:Karin Vergeer - 021 808 4792
Plek: Van der Sterr Buildinng, Lecture room 1046 (Entrance 1), SU Campus

​​​Die jaarlikse Mohammed Karaan Gedenklesing, waardeur dié landbouleier en Universiteit Stellenbosch akademikus onthou word, vind op Woensdag 29 Maart 2023 plaas. Die spreker - dr. Uma Lele - is 'n landbou-ekonoom - soos wat prof. Karaan was. Sy ontvang die vorige dag 'n eredoktorsgraad van die US vir haar bydrae tot die ontwikkeling van die teorie en praktyk rondom landelike ontwikkeling wêreldwyd.

Dr. Lele, voorheen van die Wêreldbank en voormalige president van die Internasionale Vereniging van Landbouekonome, se tema is: “Food for all: International organizations and the transformation of agriculture". Sy sal haar mening gee oor die ontwikkelingsuitdagings wat Afrika in die gesig staar.

Dié Indiese landbouleier het van 1971 tot 2005 vir die Wêreldbank gewerk. Haar boek,“Food for all: International organizations and the transformation of agriculture", het onlangs verskyn.

Prof Karaan, 'n geliefde voormalige dekaan van die US Fakulteit AgriWetenskappe, was ten tye van sy afsterwe in 2021 'n professor in landbou-ekonomie aan die US en president van die Maties Rugbyklub. Hy het onder meer bygedra tot Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingsplan, en het verskeie leierskapsrolle in die land se landbousektor vervul.

* Die lesing vind op Woensdag 29 Maart 2023 plaas om 17:30 in die Van der Sterr Gebou, Kamer 1046 op die US-kampus. Die geleentheid word ook via die internet uitgesaai. ​​​​​​

​Regi​​streer