Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging na Universiteit Stellenbosch se patroonontwikkelingswerksessies
Begin: 08/03/2023, 17:00
Einde: 15/03/2023, 21:00
Kontak:Stellenbosch University Branding Team - Stellenbosch University Branding Team
Plek: SU Museum

​Die Handelsmerkeenheid pak eersdaags 'n opwindende deelnameprojek aan ter uitbreiding van die nuwe handelsmerkidentiteit van die Universiteit Stellenbosch (US). Jy word dus vriendelik uitgenooi om aan 'n patroonontwikkelingswerksessie saam met die US se handelsmerkspan deel te neem. Die oppervlakontwerper, Primrose Charmz, sal die fasiliteerder wees.

Werksessie vir studente, personeel en alumni van die Universiteit Stellenbosch:

Datum: 8 en 15 Maart 2023

Tyd: 17:30 – 21:00

Plek: US Museum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch Sentraal

Hierdie werksessies is nie net beperk tot kunstenaars nie. Verteenwoordigers van alle fakulteite is welkom. Doen asseblief hier aansoek teen 24 Februarie.

Ons sien uit daarna om saam met julle te werk.

Vriendelike groete
Universiteit Stellenbosch Handelsmerkspan


Meer oor Primrose Charmz:

Primrose Charmz is 'n selfopgeleide oppervlakpatroonontwerper en multidissiplinêre kunstenaar van Kaapstad. Sy het haar voorgraadse studie in argitektuur aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Primrose het in 2020 begin om kulturele kunswerke en patrone te ontwerp om die ryk erfenis en geskiedenis van gemeenskappe en kulturele groepe in Afrika visueel te vertel en om aspekte daarvan te vier. Sommige van Primrose se patrone het al op produkte en oppervlaktes in Australië, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk verskyn. Sy het in 2021 haar buiging as professionele kunstenaar gemaak toe sy aan die “Women from Africa in the Arts" virtuele tentoonstelling deelgeneem het wat aangebied is deur Color Me Africa Fine Arts, 'n kunsorganisasie wat in Chicago, VSA gesetel is.

Bou saam aan 'n verenigde en inklusiewe handelsmerk vir die Universiteit Stellenbosch:

Die ontwikkeling van ons nuwe handelsmerkposisionering en visuele identiteit is een van die sigbaarste institusionele strategiese inisiatiewe wat die Universiteit die afgelope tyd onderneem het. Met skep van 'n sterker, koherente handelsmerk is ons nou beter toegerus om ons Visie 2040 te verwesenlik en saam vorentoe te beweeg.

Die US Raad het in April 2021 'n nuwe handelsmerkidentiteit vir die Universiteit goedgekeur wat uitgebreide belanghebberdeelname-, konsultasie- en besluitnemingsprosesse behels het. Ná hierdie goedkeuring is daar met 'n gefasseerde en verantwoordelike inwerkingstelling begin wat elemente ingesluit het wat noodsaaklik is vir die implementering van 'n konsekwente en kenmerkende visuele identiteit. Die “Saam Vorentoe"-patroon is deel van die nuwe visuele identiteit en word gebruik om die samekoms van verskillende kulture by die Universiteit uit te beeld. Dit is ontwerp om die ritme in die lynwerk in die Universiteit se logo weer te gee en voeg tekstuur en beweging by tot ons visuele taal.

As deel van die volgende fase van die implementering van die nuwe handelsmerk, is die vernuwing van die Universiteit se gradedrag 'n sleutelfokusarea vir 2023 ten einde 'n koherente boodskap van die US se verbintenis tot uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie te weerspieël ter nastrewing van sy Visie 2040. As deel van hierdie proses, stel die Universiteit Stellenbosch se Handelsmerkeenheid 'n deelnameproses bekend wat aan Stellenbosse kunstenaars, studente, personeel en alumni die geleentheid sal bied om aan 'n werksessie deel te neem om patrone te ontwikkel wat op verskeie media, insluitende gedrukte formate, digitale media en op die nuwe akademiese gedrag gebruik sal word.

Vir meer inligting oor die Universiteit Stellenbosch handelsmerkvernuwing, besoek die handelsmerk-webblad.

Indien jy 'n student, personeellid of alumnus is van die Universiteit Stellenbosch, doen asseblief hier aansoek. ​