Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO: DRD-inligtingsessie: Navorsingsondersteuning aan die Universiteit Stellenbosch
Begin: 07/02/2023, 12:00
Einde: 07/02/2023, 13:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

​Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) is getaak om effektiewe navorsingsontwikkeling en ondersteuningsgeleenthede aan US-navorsers (insluitend akademiese personeel, nadoktorale en nagraadse studente) te verskaf en om die navorsingspoging van die Universiteit as geheel te bevorder. Ons streef daarna om 'n effektiewe, professionele en waardevolle diens aan ons navorsingsgemeenskap te bied en om saam met ons navorsers by te dra tot Navorsing vir Impak as een van die kern strategiese areas soos uiteengesit in die US se Visie 2040. Die doel van hierdie sessie. is om US-navorsers van gedetailleerde inligting te voorsien oor die navorsingsverwante ondersteuning en dienste wat deur die ANO beskikbaar is.

Aangebied deur: Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie (ANO)​

Datum: 7 Februarie 2023

Tyd: 12:00 - 13:00

Platform: MS Teams

Registreer:   https://forms.office.com/r/mmVqxEv8mV

Die MS Teams skalel sal aan alle deelnemers gestur word.